Die veteraan aktrise Rina Nienaber stel voor dat jy hierdie Kersfees seker maak jy pos jou geskenkpakkies betyds. “Sodat die poskantoor dit betyds kan verloor,” vertel sy.
[Video] TBF: Familie is tydens feesseisoen só belangrik, sê Jak
Jak de Priester is nie net ʼn sanger, skrywer en akteur nie, maar hy is ook ʼn groot gesinsman. “Kerstyd is die tyd wat jy by jou familie moet wees waar almal vir mekaar sê ons het mekaar lief,” vertel Jak.
[Video] TBF: ʼn Régte kroon vir Kersfees, vra Margit
Suid-Afrika se geliefde aktrise, Margit Meyer-Rödenbeck, sê sy wil graag vanjaar ʼn regte kroon in haar Kerskous kry. “Ek dra my ses-jarige dogtertjie sʼn om takies in die huis verrig waarvan ek effe minder hou,” skerts die blonde aktrise.
[Video] Ekslusief: Lokprent vir die Afrikaanse riller ‘Die Ontwaking’
Die afwagting is verby … Kon jy genoeg moeg bymekaarskraap? Kyk nóú eksklusief op Maroela Media die lokprent van die Afrikaanse misdaadriller Die Ontwaking.
[Video] TBF: ‘Ek slaan nou nog in ʼn koue sweet uit,’ lag Pedro Kruger
“Ek moes een Oukersaand, al die pad Suid-Afrika toe op ʼn bus terug van Namibië, na Boney M se Kersmusiek luister. Nou nog, wanneer ek dit hoor, slaan ek in ʼn koue sweet uit,” skerts Pedro Kruger.
Luister: Marion Holm kry dramagraad op 50
Wanneer Marion Holm nie besig is om gehore te laat skaterlag of te pronk op gewilde Afrikaanse televisiereekse nie, vang sy graad. Dié legendariese verhoogpersoonlikheid het onlangs ʼn dramagraad by die Universiteit van Stellenbosch verwerf.
Nádine speel Sneeuwitjie in nuwe verhoogproduksie
Teatergangers kan dalk vasstel wie wérklik die mooiste in die land is wanneer Sneeuwitjie in 2016 op die planke te sien gaan wees.
[Video] Teaterbystandsfonds – Anna-Mart sê ons moet hierdie Kersfees die telefoon optel en geliefdes bel
Anna-Mart van der Merwe, een van Suid-Afrika se bekendste aktrises, sê ons moet vanjaar op Kersdag sosiale media vermy en vergeet van onpersoonlike Whatsapp-boodskappe.
TBF bied ‘Kersliedere by kerslig’ aan vir skenkings
“Die enigste organisasie wat hulp verleen en omgee vir dié vergete, talentvolle en kreatiewe groep mense, is die Teaterbystandsfonds. Die TBF bestaan al vir langer as vyf dekades. Nie net bedien ons alle kunste en vermaakberoepsmense nie, maar ook hulle wettige afhanklikes,” sê Lizz.
kykNET Fiëstas: Kyk wie is benoem
Die benoemings vir die gesogte kykNET Fiësta-toekennings vir 2016 is op 26 November op dié kanaal se aktuele vermaakprogram, Flits, bekendgemaak.
Blindheid knip nie dié jong radioaktrise se vlerke nie
Om gestrem te wees hoef nie jou lewensgehalte te verswak of jou lewe in te perk nie. Só sê Lise-Mari van Wyk, ʼn siggestremde graad 9-leerder van die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester.
Afrikaanse kunstenaars bring hulde aan legende
Op 8 Julie 1994 het die Afrikaanse sangeres Cora-Marie haar stryd teen kanker verloor toe sy net 41 jaar oud was.
[Video] Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF
Die Teaterbystandsfonds (TBF), ʼn liefdadigheidsfonds wat vrywillig deur mense in die vermaakbedryf geadministreer word, het vanjaar ʼn draai by Aardklop gemaak.Maroela Media het met Lizz Meiring, bestuurslid van die TBF, oor dié fonds gesels en Marion Holm deel ook haar mening waarom sy dink dit belangrik is om die fonds te ondersteun.
Klassieke Tsjechof in Afrikaans in die Baxter
Saartjie Botha se verwerking van Anton Tsjechof se Die seemeeu is vandeesweek in die Baxter-teater in Kaapstad te sien.
[Video] Foxwood-kunstefees begin op ‘monumentale’ noot
Die kykNET Foxwood-kunstefees het gister by die Foxwood-huis in Houghton, Johannesburg, begin waar dié huis ook as monument verklaar is. Maroela Media het ʼn draai by die fees gaan maak om met een van organiseerders, Jan Groenewald daaroor te gesels.
Koffie saam met Anna Davel
Dit wil voorkom of Anna ʼn stukkie van haar hart in Nederland gelaat het, want sy meen sy sal graag weer daar wil optree.
Bloemhof kraai koning in tienertoneelkompetisie
Die Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch is die nasionale wenner van die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met die produksie Vyf: ’n dokumentêr. Dié aankondiging is verlede week gemaak op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom.
[Video] Nuwe Graskoue Trappers bekoor gehoor
Die Nuwe Graskoue Trappers, ’n tradisionele rieldansgroep uit die Wes-Kaap, ervaar beslis ʼn goeie jaar.
[Video] Anna-Mart oor People are living there
Anna-Mart van der Merwe is tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in die Athol Fugard verhoogstuk People are living there te sien. Maroela Media het met haar daaroor gesels.
Aardklop: Hier is die bestes
Twee produksies het uitgetroon tydens die prysoorhandiging op vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees – die klassieke Moeder Moed en haar kinders en die eietydse…