“Dit is ʼn stuk wat mense gaan aangryp en laat dink. Daar is soveel draaie ingeskryf sodat die gehoor nooit weet wat volgende gaan gebeur nie.”
Margit geen dowwe dolla nie
Dis baie duidelik dat Margit nie bang is vir harde werk nie, en dis ook die raad wat sy aan mense gee wat hierdie bedryf wil betree.
US Woordfees groei met rekordverkope
Die US Woordfees het vandeesweek in ʼn verklaring bekendgemaak dat kaartjieverkope vir vanjaar se fees met byna 30% gestyg het teenoor verkope in 2015.
Hier is die Kanna-benoemings vir 2016
Die benoemings vir die 22ste Kanna-toekennings, wat jaarliks uitgeloof word aan die beste produksies by die KKNK, is onlangs bekendgemaak.
Afrikaans op internasionale verhoog met Amsterdam-fees
Die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam (AKA) vind van 8 tot 10 April plaas in Amsterdam en spog met drie dae vol musiek, literatuur, debat en kuns met Suid-Afrikaanse bekendes soos Jack Parow, Leslie Javan, Francois van Coke en Emo Adams.
‘The Guards’ wys oor sinneloosheid van Derde Wêreldoorlog
The Guards, ʼn oorvertelling van die oorspronklike 1971-verhoogproduksie met dieselfde naam, lig die gehoor in oor die sinneloosheid, ammunisie en ander elemente van die sogenaamde Derde Wêreldoorlog.
Innibos: Stem vir dié rockgroepe
Innibos, die laeveld nasionale kunstefees wat jaarliks in Nelspruit gehou word, hou vanjaar ʼn Innibos Rockrumoer-kompetisie waarin aanhangers vir 21 musiekgroepe kan stem om by dié fees op te tree.
[Foto’s] ‘Uitkampteater’ ʼn groot trekpleister by KKNK
Kunstefees-entoesiaste het nog net vandag en more om vanjaar se KKNK, wat vir die 22ste keer aangebied word, by te woon. Dié fees spog vanjaar met ʼn uitkampteater waar verskeie kunstenaars in treffende produksies gesien kan word.
[Wen] Nádine vier 20 jaar met opskopkonsert
Hierdie kompetisie is gesluit: Die sanger en televisieaanbieder, Nádine, vier vanjaar 20 jaar in die musiekbedryf. Sy het by Maroela Media gekuier om te gesels oor haar twee 20-jaar-konserte, loopbaanhoogtepunte en haar planne vir die toekoms.
‘Klein jakkalsies’ op die KKNK
Volgens die KKNK se webwerf sal die stuk jou goed voorberei as jy op trou staan.
[Foto’s] ‘Daa’ gaat die bruid!’ sal hele gesin laat lag
Die klugkoning Frans Swart se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney en John Chapman se weghol-treffer, Daa’ gaat die bruid!, is vanjaar by die KKNK in Oudtshoorn van 24 tot 30 Maart te sien.
[Wen] ‘Lilly van Liekieland’ leer kinders sing-sing
Hierdie kompetisie is gesluit: Lilly van Liekieland is ʼn Afrikaanse verhoogproduksie wat poog om jong kinders op ʼn vermaaklike wyse te leer oor alles – van hoe om te bid tot die belangrikheid van oefening.
[Foto’s] Gewilde Aladdin-storie nou in teaters
Die befaamde en gewilde storie van Aladdin is binnekort vir die eerste keer op die planke by die People’s Theatre in Johannesburg te sien.
Nati stel uitvoerende hoof aan
Die direksie van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (Nati) het pas bekendgemaak dat Cornelia Faasen aangestel is as die eerste uitvoerende hoof van dié organisasie.
[Foto’s] Royal Moscow Ballet toer binnekort in SA
Die gesogte Royal Moscow Ballet-groep is in April vanjaar in stede oor die hele Suid-Afrika te sien gedurende ʼn landwye toer.
ʼn Dekade van teater vir Kosie House of Theatre
Teaterliefhebbers gaan die geleentheid hê om vanjaar se koue af te skud met ’n seisoen propvol verhoogproduksies in Pieter Toerien se Studio-teater by Montecasino in Fourways in Johannesburg.
Inskrywings vir die Silwerskermfees nou oop
Die Silwerskermfees wat vanjaar vir die sesde keer aangebied word, gee dié jaar weer vir aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers die kans om hul storie op die grootskerm te vertel.
Plaaslike én internasionale sterre in ‘Modder en Bloed’
Charlotte Salt, die Britse aktrise bekend vir haar rolle in Entourage en CSI: Crime Investigation, gaan tel onder die sterre wat op 10 Maart die Modder en Bloed-fliekpremière in Johannesburg bywoon.
[Video] Kykers kou naels by première van ‘Die Ontwaking’-fliek
Die amptelike première van die Afrikaanse rillerfliek, Die Ontwaking, het Woensdag in Rosebank in Johannesburg plaasgevind.
[Wen] ‘Die ontwaking’ binnekort in teaters landwyd
Hierdie kompetisie is gesluit: Die première van die Afrikaanse rillerfliek, Die ontwaking, vind Woensdag tydens ʼn sterbelaaide geleentheid in Rosebank in Johannesburg plaas.