`n All Black met 12 toetse agter die blad het positief vir `n verbode middel getoets en is voorlopig geskors.
Alles vir die sleutelwoord "All Blacks"
Was dit die beste en swakste spanne?
In Nieu-Seeland heers daar ʼn groot debat of die huidige All Black-span die beste ooit was. In Suid-Afrika word daar na die huidige Bok-span as een van die swakste nóg verwys.
All Blacks, Bokke is simptome van hul lande
Terwyl ek die Springbokke se grootste nederlaag tot nog toe teen die All Blacks Saterdagaand gesit en aanskou het, het een grondwaarheid my tussen die oë getref: Wenlande lewer wenspanne op.
All Blacks verneder Springbokke
Nieu-Seeland het Suid-Afrika Saterdag op Kingspark in Durban verneder deur hom 57-15 te klop.
All Blacks verander vier vir Durbanse toets
Die All Blacks het vier veranderinge aan die opdrafspan wat die Poemas in Buenos Aires 36-17 oorrompel het vir die toets teen die Springbokke Saterdag in Durban aangebring.
Vier drieë binne tien minute vernietig Poemas-droom
Vier van hulle vyf drieë binne die bestek van tien minute het Saterdagaand aan die All Blacks ʼn oorwinning van 36-17 oor Argentinië in Buenos Aires besorg – en dit was nie so maklik soos die telling aandui nie.
Poemas se All Blacks-droom lyk onwaarskynlik
Nou vir die volle 80 minute, sal die Argentynse Poemas hulle voorneem voordat hulle Saterdagaand in die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap teen die All Blacks speel.
SA Rugby se glips ontwrig halfeind-kandidate
SA Rugby het skielik besef dat sy ondeurdagte Curriebekerprogram dalk ʼn halfeindstryd en die toets teen die All Blacks op dieselfde naweek in Durban tot gevolg mag hê en het die datums van die uitspeelrondes met ʼn week aangeskuif.
Poemas wéét nou van All Blacks se hoër rat
Vir 54 minute het dit gelyk of daar ʼn verrassing kan kom, maar toe het Nieu-Seeland na hul oorbekende hoogste rat oorgeskakel en die Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië in Hamilton 57-22 gewen.
All Blacks nie oorgerus oor ‘nuwe Poemas’ nie, maar …
Die dae is verby waar die All Blacks wedstryde teen die Poemas grootliks as voorbereiding vir die belangriker toetse gebruik het. Hulle weet hulle sal Saterdag moet uithaal om die ‘nuwe Poemas’ onder te kry wanneer die Rugbykampioenskap Saterdag in Hamilton voortgesit word.
Poemas glo hulle kan nou die All Blacks klop
Saterdag se oorwinning in Salta oor Suid-Afrika in die Rugbykampioenskap laat die Argentyne glo hulle kan die All Blacks klop.
All Blacks steeds te goed vir beter Wallabies
Dit was moeiliker as in verlede week se eerste toets, maar die All Blacks het in geen stadium gelyk of hulle sou verloor nie en Saterdag 29-9 teen Australië in Wellington gewen.
Oorgerustheid ʼn groter vyand as die Wallabies
Die All Blacks klou nou reeds 13 jaar aan die Bledisloebeker, en dit het die punt bereik waar die Wallabies nou op die veld draf om die telling teen hulle buurland laag te hou eerder as met die voorneme om te wen.
All Blacks se skitter-wegspring kelder die Wallabies
Die tweede helfte van die eerste wedstryd in vanjaar se Rugbykampioenskap het miskien ʼn bietjie moed vir die ander spanne gegee dat die All Blacks geklop kan word. Hulle het die Wallabies 42-8 geklop na hulle rustyd al 32-3 voor was.
All Blacks laat Chiefs-uitblinker uit RK-groep
Die grootste verrassing in die All Blacks se groep van 32 spelers vir die eerste toetse in die Rugbykampioenskap (RK) is die weglating van een van die Chiefs se grootste sterre in die Superreeks.
Suzie se spook loop (weer) in Nieu-Seeland
Dis 21 jaar later en steeds kan die Nieu-Seelanders nie die spook van 1995 se Wêreldbekertoernooi begrawe nie.
Bokke kon netsowel eerbewys ontvang het
Die grote wat weggekom het.
Bokke se beste nie goed genoeg
Die All Blacks is deur na die eindstryd van die Wêreldbeker nadat hulle Suid-Afrika Saterdag naelskraap 20-18 op Twickenham geklop het.
Wallabies skok All Blacks, wen titel
Australië is die Rugbykampioenskap se 2015 wenner nadat die Wallabies die All Blacks welverdiend 27-19 in Sydney geklop het.
Hansen verander baie ondanks ‘eindstryd’
Die All Blacks se afrigter Steve Hansen gaan voort om kombinasies te toets voor Saterdag se deurslaggewende wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Australië.