ʼn Polisiebeampte wat homself aan die polisie oorgegee het nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het in die Protea-landdroshof verskyn.
Alles vir die sleutelwoord "Gauteng"
Drama by lughawe oor gidshond
ʼn Siggestremde teoloog het ʼn klag by die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) ingedien nadat ʼn beampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe glo nie wou toelaat dat sy gidshond saam met hom vlieg nie, het Beeld Vrydag berig.
Twee vas na hulle glo op metropolisie skiet
Twee mans is Donderdagmiddag in Nasrec naby Soweto in hegtenis geneem nadat hulle glo op die metropolisie losgebrand het.
Man sterf ná wilde jaagtog deur Pretoria se strate
ʼn Vermeende rower is Woensdag dood, en een is in hegtenis geneem nadat hul plan om ʼn huis in Pretoria te beroof, deur ʼn parate jong man, ʼn veiligheidsmaatskappy en die lede van die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) gefnuik is
Man gevonnis vir moord op UJ-professor
ʼn Dwelmverslaafde wat met prof. Carl Mischke se voormalige kêrel saamgespan het om hom te beroof en vermoor, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het Beeld Donderdag berig.
Polisieman gee hom oor weens gekaapte motors
ʼn Polisiebeampte het homself Woensdag aan die polisie oorgegee nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het die polisie in Gauteng gesê.
Vyf vas vir Vereeniging-egpaar se moord
Twee vroue en drie mans is Dinsdagaand tydens ʼn gesamentlike poging van die polisie en Johannesburgse metropolisie in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn egpaar van Vereniging.
Countrysanger tydens aanval op kleinhoewe geskiet
Die countrysanger Greg Ray, wat sy regterbeen ná ʼn motorongeluk verloor het, is Dinsdagaand in sy linkerbeen geskiet nadat hy en sy vrou tydens beurtkrag op ʼn kleinhoewe in Gauteng aangeval is.
Gesteelde karre by polisieman se huis gevind
Drie gesteelde motors is Dinsdagoggend by die huis van ʼn polisiebeampte in Eldoradopark, Gauteng opgespoor.
Konstruksiewerker sterf na hy in sloot val
ʼn Konstruksiewerker is Maandag dood nadat hy en ʼn medewerker in ʼn sloot geval het by die Blue Hills-winkelsentrum in Midrand.
Motoriste moet vir e-tol betaal, sê Makhura
David Makhura, premier van Gauteng, het motoriste gemaan om by die regering se besluit te bly en vir e-tol te betaal, het die Saturday Citizen berig.
Taxibestuurders vas oor onwettige vuurwapens
Vier taxibestuurders wat in besit was van drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, is in Woodmead deur die Johannesburgse metropolisie in hegtenis geneem.
Onthoofde lyk gevind: Polisie vra hulp
Die polisie in Gauteng het ʼn beroep gedoen op die publiek om te help om ʼn man, wie se onthoofde liggaam aan die Oos-Rand gevind is, te identifiseer.
Pta-kind deur weerlig gedood
ʼn Vyfjarige seun is Woensdagaand deur weerlig doodgeslaan in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria.
Benoni-skietery: Vyf dood
Die dodetal het tot vyf gestyg na ʼn skietery by ʼn ou mynskag in Benoni aan die Oos-Rand.
Vier doodgeskiet by Benoni-mynskag
Die liggame van vier onwettige mynwerkers is Donderdagoggend by ʼn ou mynskag in Benoni aan die Oos-Rand gevind.
Swaardmoord: Seun in hof
ʼn Tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouma met ʼn swaard doodgekap het, het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn, het Beeld berig.
Rea Vaya-busdiens steeds opgeskort
Die Rea Vaya-busdiens is steeds opgeskort, het die stad Johannesburg Woensdagaand gesê.
‘EFF te blameer vir Randfontein-betoging’
Jacob Mamabolo, LUR vir samewerkende regering in Gauteng, het Woensdag gesê dit was EFF-lede wat munisipale geboue aan die brand gesteek het tydens ʼn betoging in Mohlakeng buite Randfontein.
Boksburg-skoolseuns geskors oor steroïdes
Twee leerlinge aan Hoërskool Dr. EG Jansen in Boksburg, Johannesburg, gaan dissiplinêr verhoor word nadat hulle met steroïdes betrap is, het Beeld Woensdag berig.