Brandbestryders het Maandagmiddag gesukkel om 14 verskillende veldbrande onder beheer te bring in Kaapstad in die Wes-Kaap.
Alles vir die sleutelwoord "Kaapstad"
Een sterf ná voertuig in giftige water beland
ʼn Persoon is Maandag dood nadat ʼn motor in ʼn kanaal met giftige water in Kaapstad beland het.
Kaapse straat na Jakes Gerwel vernoem
Jakes Gerwel, ontslape Suid-Afrikaanse akademikus en politieke aktivis, is Sondag vereer vir sy pogings om ʼn meer inklusiewe samelewing te bou, met Vanguard-rylaan in Kaapstad wat amptelik na Jakes Gerwel-rylaan vernoem is.
Video: Rowers plunder juwelierswinkel
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe ʼn groep rowers met voorhamers op ʼn juwelierswinkel in ʼn Kaapse winkelsentrum toeslaan terwyl inkopiegangers probeer wegkruip.
Kaapstad-man dalk reeksmoordenaar
ʼn Man van Gugulethu in Kaapstad wat in hegtenis geneem is in verband met verskeie moord- en verkragtingsake in die Kaapse Skiereiland oor die afgelope paar maande, het Maandag in die Goodwood-landdroshof verskyn.
Driejarige se arm sit vas in voerband
ʼn Driejarige is in ʼn ernstige toestand nadat haar arm Saterdag by ʼn maatskappy in Montague Gardens in Kaapstad in ʼn voerband vasgesit het.
Foto’s: Hier is ANC se prioriteite vir 2015
Pres. Jacob Zuma het Saterdag elektrisiteit, grond, plaaslike regering en die stryd teen korrupsie as hoogste prioriteite vir 2015 aangewys tydens die ANC se 103de herdenkingvieringe in Kaapstad.
Duisende stroom na Kaapstad vir ANC-herdenking
Duisende ANC-ondersteuners het Saterdag na die Kaapstad-stadion gestroom om die ANC se 103de herdenking te vier.
Kaapstad-man vas oor reeksmoorde en -verkragtings
ʼn Man van Gugulethu in Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met verskeie moord- en verkragtingsake in die Kaapse Skiereiland oor die afgelope paar maande.
Brand woed op Seinheuwel
Brandbestryders is besig om ʼn groot brand wat Donderdag op Vlaeberg (Seinheuwel) in Kaapstad uitgebreek het, onder beheer te kry.
Liggaam op Leeukop gevind
Die liggaam van ʼn 25-jarige man is Woensdagoggend op Leeukop in Kaapstad gevind.
E. coli-bedreiging vir blouvlagstrande
Die watergehalte van strande in Kaapstad kan dalk verswak weens rioolwater wat in die see ingepomp word, het die Sunday Times berig.
Vloedskade aan paaie, huise in Kaapstad
Paaie en huise in sommige dele van Kaapstad is deur vloede beskadig, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Vrydag gesê.
Foto’s: Gesin op Kersdag uitgewis
ʼn Gesin van vyf lede is Donderdag op die N1 naby Stableweg-afrit in Kaapstad oorlede in ʼn motorongeluk.
Borgtog vir ‘dwelmhandelaar’
ʼn 32-jarige vrou se aansoek om borgtog is Woensdag in die Kaapstad-distrikshof goedgekeur nadat sy ʼn pakkie met dwelmmiddels by ʼn koeriermaatskappy wou afhaal.
Sewe vas oor poging tot moord
Ses mans en ʼn vrou is Woensdag in Crossroads naby Kaapstad in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen.
Nog drie vas oor Kraaifontein-moorde
Altesaam 10 mense is nou in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mans van Kraaifontein in Kaapstad.
Kaapstad-vrou vas oor dwelms van R7 miljoen
ʼn Vrou is in Montague Gardens in Milnerton in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel ter waarde van R7 miljoen.
Foto’s: Wêreld se grootste skip in Kaapstad
Die wêreld se grootste hyskraanvaartuig, die Pieter Schelte, het tydens sy nooiensvaart op pad na Nederland in Kaapstad aangedoen.
Video: Haai-kabel in Kaapstad getoets
Op die Glencairn-strand in Kaapstad word ‘n elektriese kabel as ‘n haai-afrskrikmiddel getoets.