Die Stad Kaapstad het op die nippertjie ‘n mosie ingedien om ‘n artikel van ‘n nuwe drankwet, wat die verkope van drank op Sondae verbied, te wysig.
Alles vir die sleutelwoord "Kaapstad"
Burgemeesters verwerp Kaapse wynlande-tolprojek
Verskeie burgemeesters van die Wes-Kaap het Donderdag onderneem om aan die stryd teen die e-tolstelsel in dié provinsie deel te neem.
Inge Lotz: Staat wen appèl teen Van der Vyfer
Die ministerie van polisie het ‘n appèlverhoor gewen teen Fred van der Vyfer, wat die staat suksesvol gedagvaar het nadat hulle hom glo kwaadwillig oor die moord van sy meisie, Inge Lotz, vervolg het.
Kaapstad: Openbare paaie moontlik oopgestel vir skaatsplankryers
‘n Stryd broei tans tussen stadsraadlede van Kaapstad oor ‘n nuwe skaatsplankrybeleid vir die stad.
Slegs 5 van die 19 gestrande walvisse gered
Vyf van die 19 walvisse wat by Noordhoek in Kaapstad gestrand het, is Sondagmiddag in die see vrygelaat.
Foto’s: 19 walvisse strand in Kaapstad
Negentien loodswalvisse het Sondagoggend by Noordhoekstrand in Kaapstad gestrand.
Video: Naamsveranderinge in Kaapstad
Die stad Kaapstad het Menseregtedag vandag gevier deur die name van ses strate en ‘n gebou te verander.
R14 miljoen vir Chinese Girl
Vladimir Tretchikoff se skildery, Chinese Girl, waarvan talle afdrukke al gemaak is en maklik uitgeken word, het Woensdag bykans ₤1 miljoen (sowat R14 miljoen) by ‘n veiling in Londen gehaal.
Kar ontplof toe hy sigaret aansteek
ʼn Inwoner van Kaapstad se motor het gisteroggend ontplof toe hy ʼn sigaret in die motor aangesteek het.
Vermiste dogtertjie “bedwelm” in buurman se huis gevind
ʼn 5-jarige dogtertjie van Tafelsig in Kaapstad wat sedert Woensdag vermis was, is Donderdag glo “bedwelm” in ʼn nabygeleë buurman se huis gevind.
Babaseuntjie vol maaiers in asblik gevind
Die polisie is op soek na die ma van ʼn week oue baba seuntjie wat oortrek met maaiers in ʼn asblik in Kaapstad gevind is.
Skoliere geskors oor seks-video in klas
Drie leerlinge is uit ʼn hoërskool in Kaapstad geskors nadat hulle ʼn seks-video in ʼn klaskamer gemaak het.
Vrou sterf ná botsing met kapers
ʼn Wilde jaagtog tussen die polisie en kapers deur Kaapstadse strate het Maandag tragies geëindig vir Corné Welman (41).
Trein glo uit weerwraak aan brand gesteek
Pendelaars het vermoedelik uit weerwraak vroeër die week ‘n trein van Kaapstad aan die brand gesteek.
Kat red eienaar van rower
ʼn Kat het Maandagmiddag moontlik sy eienaar, Dennis van den Berg, se lewe gered toe ʼn vermeende rower buite die huis rondgeloop, en hy alarm gemaak het.
Britse toeris gevind
Die Britse toeris, Wilkes McDermid (38), wat sedert die dag na Kersfees in Kaapstad vermis was, is Maandagaand opgespoor.
Paddatjie ‘ryloop’ van China tot Kaapstad
ʼn Paddatjie het in China in ʼn porselein-kershouer beland en al die pad tot Kaapstad oorleef, net om hier van kant gemaak te word.
Talle dakloos ná twee brande
Nagenoeg 320 mense is dakloos gelaat nadat twee afsonderlike brande Maandagaand in Kaapstad uitgebreek het.
Man doodgeskiet ná hy polisieman wond
‘n Polisiebeampte het Woensdagoggend ʼn man in Kaapstad doodgeskiet nadat die man glo ʼn ander beampte tydens ʼn roetineondersoek gewond het.
Hengelaar dood aangetref
Die liggaam van ʼn hengelaar is Sondag naby Kaapstad aangetref.