Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die erg ontbinde liggaam van ʼn man naby ʼn lodge buite Middelburg, Mpumalanga, gevind is.
Alles vir die sleutelwoord "Mpumalanga"
Groot kettingbotsing op N4 glo weens rook
Minstens 25 mense is Sondagmiddag beseer in ʼn kettingbotsing op die N4 in Mpumalanga. Na wat berig word was 16 voertuie, waaronder ʼn vragmotor, betrokke in dié ongeluk.
Polisielede beroof toe hulle op klag reageer
Die man wat die polisie na die toneel ontbied het, het ongesiens weggeglip toe die rowers verskyn en die polisie gebel. Nóg polisiebeamptes het hulle na die toneel gehaas.
Lydenburg-polisiebeamptes vas vir ontvoering, aanranding
Agt polisiebeamptes van Lydenburg in Mpumalanga is Dinsdagoggend in hegtenis geneem op aanklag dat hulle glo verdagtes ontvoer en beroof het.
Belonings uitgereik ná moord op polisiebeamptes
Die polisie het belonings uitgereik vir enigiemand met meer inligting nadat twee polisiebeamptes aan diens vermoor is.
Wildtuin se renoster-wesie sterk goed aan
Foto’s van die renostertjie, Baba Don, is wyd op sosiale media versprei nadat hy op 25 Julie in die wildtuin gevind is.
Plattelandse skole kry hupstoot met satelliettegnologie
Twaalf landelike skole in Mpumalanga met ’n gesamentlike leerlinggetal van 6 500 vind baat by ’n projek van die Europese Ruimte-agentskap om deur kommunikasiesatelliettegnologie internettoegang te verkry.
Vyf sterf in trompop botsing
Vyf mense is Saterdagaand dood in ʼn kop-teen-kop-botsing tussen Barberton en Nelspruit.
Polisiebeamptes buit glo verdagtes se dagga
Twee polisiebeamptes het Vrydag in die hof verskyn nadat hulle glo omkoopgeld van ʼn verdagte aanvaar het en boonop die dagga gesteel het waarop hulle beslag gelê het.
Twee sterf ná trok knipmes, omslaan
Twee mense is dood en twee beseer nadat ʼn swaarvoertuig wat ʼn graafmasjien vervoer het, Donderdagaand in Mpumalanga omgeslaan het.
Gewapende bende beroof wagte by kitsbank
Die Mpumalanga-polisie ondersoek ʼn saak waar ʼn bende van sowat sewe gewapende mans Sondag drie veiligheidsbeamptes van G4S Security by ʼn kitsbank oorval en van kontant en hul vuurwapens beroof het.
Nog twee polisiebeamptes in Mpumalanga dood
Twee polisiebeamptes van Mpumalanga is oor die naweek in afsonderlike voorvalle dood terwyl hulle aan diens was.
Man eis miljoene nadat wagte hom glo met ‘rower’ verwar
Brian Barnard se nefie moes die volgende dag ʼn stuk van sy neus in die parkeerterrein van die kuierplek gaan optel.
Staatspasiënt moor glo ander met drupstander
ʼn Man is onder polisiebewaking in die Evander-hospitaal in Mpumalanga nadat hy vroeër die week glo ʼn ander pasiënt grusaam met ʼn drupstander vermoor het.
Polisiebeampte in kritieke toestand langs pad gevind
Die polisie ondersoek ʼn raaiselagtige voorval nadat ʼn vrouepolisiekonstabel in ʼn kritieke toestand langs ʼn pad in Ogies, Mpumalanga, gevind is.
Veldgids in hospitaal ná olifant hom gaffel
ʼn Jong veldgids is in die hospitaal nadat ʼn olifantkoei hom Vrydagoggend met haar tande bygekom het.
Ryloper deur ‘polisie’ beroof, verwurg
ʼn Onbekende man in sy 40’s is glo Vrydag deur ʼn groep mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, ontvoer, beroof en verwurg toe hy in ʼn Sasol-oorpak van Evander in Mpumalanga na Lesley geryloop het.
Polisie vind Mandrax-tablette van R3 miljoen by grenspos
Polisiebeamptes van Mpumalanga het Sondagaand by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 66 000 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R3 miljoen wat in ʼn vragmotor versteek was.
Belfast-vrieskasmoorde: Polisie verwelkom vonnisse ná egpaar se gru-dood
Drie mans is gevonnis in verband met die moorde op ʼn bejaarde egpaar van Belfast, wie se liggame in Januarie 2013 in ʼn vrieskas gevind is.
ANC-wyksraadslid sê glo wittes moet “f**kof”
Kenny Barrel Nkosi, ʼn ANC-wyksraadslid by die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga, het glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak.