In Maart volgende jaar is die wêreld se aandag weer op Suid-Afrika wanneer die eens liefling-atleet Oscar Pistorius se moordverhoor begin.
Alles vir die sleutelwoord "Reeva Steenkamp"
Nóg ‘n polisieman in Oscar Pistorius-saak bedank
Kol. Schoombie van Rensburg van die polisie, wat beheer geneem het van die misdaadtoneel nadat Oscar Pistorius glo sy vriendin Reeva Steenkamp, doodgeskiet het, het bedank.
Nóg aanklagte teen Oscar Pistorius
Oscar Pistorius, wat van die moord op sy meisie Reeva Steenkamp verdink word, staar nou twee ekstra aanklagte in die gesig.
Oscar misluk in poging om ekstra geweer-aanklagte te keer
Oscar Pistorius se regspan het misluk in ʼn poging om te verhoed dat twee ekstra vuurwapenaanklagte by sy moordaanklagte bygevoeg word, het eNCA Dinsdag berg.
Polisie staan Oscar Pistorius se VSA-ondersoekers by
Die Suid-Afrikaanse polisie staan die Amerikaanse forensiese ondersoekbeamptes wat spesiaal deur die moord-beskuldigde Oscar Pistorius aangestel is om vir sy verdediging voor te berei, by in hul ondersoek.
Oscar Pistorius kry forensiese kenners van VSA
Forensiese ondersoekbeamptes van Amerika gaan die moordverdagte, Oscar Pistorius, se regspan bystaan om voor te berei vir sy verhoor wat volgende jaar afskop.
“Oscar-saak is behoorlik ondersoek”
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Woensdag aan EWN gesê sy is verseker die moordsaak teen Oscar Pistorius is so deeglik as moontlik ondersoek.
Reeva se ouers bekla mediaberigte
Reeva Steenkamp se ouers het mediaberigte, wat hulle glo aanhaal, veroordeel.
Oscar-moordsaak: Een groot weglating uit lys van getuies
Daar was een opvallende weglating uit die staat se lys van 107 getuies in sy saak teen Oscar Pistorius. Pistorius het Maandag vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.
Video: Wat tydens Oscar se hofverskyning gebeur het
Die staat het Maandag sy saak in die Pretoriase landdroshof teen die wêreldberoemde lemnaeler Oscar Pistorius uiteengesit.
Oscar wil siviele eis teen Reeva se ouers buite hof skik
Oscar Pistorius se regspan probeer om ʼn siviele saak wat deur Reeva Steenkamp se ouers aanhangig gemaak is, buite die hof te skik.
Pistorius-verhoor: Staat het 107 getuies
Die staat gaan na verwagting 107 getuies tydens die moordverhoor van die Paralimpiese en Olimpiese atleet, Oscar Pistorius, roep. Pistorius se klagstaat is Maandag in die Pretoriase landdroshof bekend gemaak.
Bomeenheid deursoek Pistorius-hofsaal
Die polisie se bomeenheid het, as ʼn voorsorgmaatreël, die hofsaal waar Oscar Pistorius Maandag verskyn, voor die hofverrigtinge deursoek.
Talle drom saam voor Oscar se hofverskyning
ʼn Groot groep internasionale en nasionale media en lede van die publiek drom buite die Pretoriase landdroshof saam waar die Paralimpiese en Olimpiese atleet, Oscar Pistorius, na verwagting om 09:00 gaan verskyn.
Oscar se huis het glo “slegte karma”
Eiendomsagente wil glo nie die Olimpiese atleet Oscar Pistorius se luukse huis in Silver Woods in Pretoria bemark nie.
Oscar Pistorius se verhoordatum bekend
Oscar Pistorius se prokureur het Saterdag sy verhoordatum bekend gemaak.
NVG swyg oor Oscar-aanklagte
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou Vrydag nie kommentaar lewer oor berigte dat Oscar Pistorius twee nuwe aanklagte in die gesig staar nadat hy glo ‘n vuurwapen op ‘n roekelose manier in ‘n openbare plek gevuur het nie.
Pistorius gou weer terug in die hof
Steenkamp sou Maandag haar 30ste verjaarsdag gevier het, die dag wat Oscar weer in die hof moet verskyn.
Oscar kuier in Hermanus voor moordverhoor
Oscar Pistorius is oor die naweek afgeneem waar hy saam met ʼn vriend in Hermanus in die Wes-Kaap met ʼn kajak gery het, het Beeld Dinsdag berig.
Staat maak gereed vir Oscar-hofsaak
Die staat maak glo gereed om ‘n akte van beskuldiging teen Oscar Pistorius te lê voor sy hofverskyning volgende week, berig Eyewitness News.