Vier verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem, ʼn paar uur nadat hulle glo ʼn besigheid in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, beroof het.
Alles vir die sleutelwoord "Richardsbaai"
Rob dood na diereorganisasies glo hulp weier
Volgens die NSRI is dit nie duidelik waarom die rob so ver noord in die see was, waar robbe gewoonlik nie gevind word nie.
Foto’s: Slang hou MTN-werker ‘gyselaar’
ʼn Werknemer van MTN is Donderdagmiddag in ʼn selfoontoring vasgekeer nadat ʼn slang hom verhoed het om af te klim.
Man vas vir onwettige vuurwapens
ʼn 48-jarige man van Richardsbaai in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem vir die besit van ses ongelisensieerde vuurwapens nadat polisie ʼn wenk ontvang het.
121 studente vas ná betoging by KZN-kollege
Polisielede in KwaZulu-Natal het Woensdag 121 studente in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings op die Richtek-kampus van die Kollege vir Tegniese Beroepsonderwys en Opleiding (TVET) in Richardsbaai uitgebreek het.
Twee vas oor onwettige dobbel in Richardsbaai
Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke en die polisie Vrydag op ʼn onwettige dobbelnes in Richardsbaai in KwaZulu-Natal toegeslaan het.
Veiligheidswag by skrootwerf geskiet
ʼn Veiligheidswag is Woensdag by ʼn skrootwerf in Richardsbaai in KwaZulu-Natal geskiet en van sy vuurwapen beroof.
Vrou sterf in tref-en-trap
ʼn Vrou op ʼn bromponie is Woensdagaand dood in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Richardsbaai, KwaZulu-Natal.
Vermiste man van Richardsbaai se liggaam gevind
Kerridge Singleton (64) se liggaam is Maandag in Meerensee in Richardsbaai, KwaZulu-Natal gevind nadat hy Saterdag as vermis aangemeld is.
‘Gerugte oor gestrande Ebola-boot onwaar’
Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid sê gerugte dat ‘n skip aan die kus by Richardsbaai gestrand is en dat daar mense aan boord is wat met die Ebola-virus besmet is, is onwaar.
Afrikaanse Kultuurfees in Richardsbaai aangebied
Solidariteit Helpende Hand se tak in Richardsbaai bied op 30 November ʼn Afrikaanse Kultuurfees in dié dorp aan.
Noodplan vir gestrande skip by Richardsbaai
Die departement van omgewingsake het ‘n noodreaksieplan in werking gestel vir die vragskip, die Smart, wat Maandag by Richardsbaai in KwaZulu-Natal gestrand het en weens rowwe seetoestande geknak het.
Foto’s: Gestrande skip erg beskadig
Die skip, die MC Smart, wat gister naby Richardsbaai gestrand het, is weens rowwe seetoestande erg beskadig.
Branderplankryer ernstig beseer ná groot golwe
‘n Branderplankryer het Maandag ernstige beserings opgedoen nadat hy die groot golwe van Mainstrand naby Richardsbaai aangedurf het.
24 gered na nóg ‘n skip strand
Altesaam 24 mense is Maandagmiddag deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered nadat ‘n skip naby Richardsbaai gestrand het.
‘Rower’ tydens huisbraak geskiet
ʼn Vermeende rower veg om sy lewe in ʼn hospitaal in Richardsbaai in KwaZulu-Natal nadat hy Maandagaand tydens ʼn huisbraak geskiet is.
Foto: Man oorleef noue ontkoming
ʼn Man van Richardsbaai het ʼn noue ontkoming gehad nadat sy voertuig teen ʼn bus gebots het.
Kar ry 7-jarige buite laerskool raak
ʼn Sewejarige seuntjie van Richardsbaai is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn voertuig hom Donderdagmiddag buite sy laerskool raakgery het.