Talle mense kan skaars glo dat diegene wat eens in die vermaaklikheidsbedryf op ons televisiestelle en op verhoë was, op hul oudag swaarkry.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Teaterbystandsfonds"
Steun ons kultuurreuse ter wille van eie oorlewing
Kultuur en kulturele groei is iets waaraan ons nie eerste dink in ʼn krisistyd soos dié wat ons nou beleef nie.
Kersfees saam met bekendes vir liefdadigheid
Bekende en geliefde akteurs wat gereeld in televisiereekse en op die grootskerm verskyn, snoer kragte saam om ʼn onvergeetlike aand met ʼn vrolike Kerstema ten bate van liefdadigheid aan te bied.
‘Deursigtige’ teaterfonds bestaan al meer as 50 jaar
Wanneer mense geld vir liefdadigheid skenk, wil hulle weet dat die geld korrek aangewend en betroubaar bestee word. Hulle wil weet dat die organisasie “deursigtig en eerlik” is. Só meen Lizz Meiring, gesoute aktrise en bestuurslid van die Teaterbystandsfonds (TBF).
[Video] TBF: Kersvader help met sy kinders se geskenke, skerts Hennie
“Ek glo in Kersvader. Hy help my elke jaar met die kinders se geskenke,” voeg hy laggend by.
[Video] TBF: Nie geld of naskeermiddel nie, vra ‘Suidooster’-sterre
“Dit hoef nie die duurste geskenk te wees nie, solank dit in ʼn pakkie kom of toegedraai is,” verduidelik hy. “Dis die moeite en liefde wat in ʼn pakkie ingaan wat ek graag wil hê.”
[Video] TBF: ‘Hang vir Vader Krismis biltong op,’ sê Albert
“En hang vir Vader Krismis biltongstukkies,” sê hy. “Hou net die hond weg, anders het hy ook klaar sy Kersgeskenk gekry,” sê hy laggend.
[Video] TBF: ‘Reis Kaap toe vir honde,’ droom Shemane
“As ek vir my honde ʼn Kersgeskenk kan gee, sou dit ʼn trip Kaap toe wees,” vertel aanbieder Shemane Harris. “Dan kan hulle sommer lekker deur die Karoo-vlaktes ook hardloop.”
[Video] TBF: ‘Ek het Kersvader as klein dogtertjie gesien,’ spog Cintaine
“Ek weet waarvoor ek wag,” sê aktrise Cintaine Schutte opgewonde. “Ek wag vir daai koekie wat half geëet is, daai glas melk wat half gedrink is en die voetspore.”
[Video] TBF: ‘My honde eet saam op Kersdag’
“My honde is absoluut my kinders in die huis, dus gee ek vir hulle alles wat hulle wil hê,” vertel Hannes van Wyk, bekende akteur en televisieaanbieder.
[Video] TBF: ‘Honde weet nie dis Kersfees,’ sê Dirk Stoltz
“Wat gaan ek hierdie jaar vir my honde koop vir Kersfees? Niks nie, want hulle weet nie dis Kersfees nie,” terg die veteraan akteur Dirk Stoltz.
[Video] TBF: Antoinette Louw gesels oor Kersvader
Sy het ook ʼn boodskap aan Kersvader gehad. “Ek was baie soet hierdie jaar, so ek verwag baie presente,” lag sy.
[Video] TBF: Neels gesels oor liefde, samesyn, pyn tydens Kerstyd
“Kersfees is ʼn interessante tyd,” sê Neels van Jaarsveld. “Saam met al die liefde en samesyn is daar ook ʼn mate van pyn, maar dis okay.”
[Video] TBF: ‘Koop geskenke betyds vanjaar,’ sê Rian
“Soos gewoonlik gaan die winkels stampvol wees nét voor Kersdag,” waarsku hy speels, “en ek gaan soos altyd uitstel tot heel laaste. Ek wil asseblief nie in rye staan nie,” verduidelik hy.
[Video] TBF: ‘ʼn Groen Kersfees met natuurklanke,’ vra Ilse
“ʼn Groen Kersfees. Dís wat ek wil hê, vir almal van ons.” So sê aktrise en sangeres Ilse Roos. “Met heerlike kos, heilige wyn en natuurklanke.”
[Video] TBF: ‘Merrie Krismis, my tjomma,’ sê Sorina en die Flooze
Sy het haar alter ego, die Flooze, ook saamgebring om ʼn Kersstaaltjie te vertel. Sy vertel geesdriftig van haar kêrel wat een Kersfees vir haar ʼn angelier met ʼn liggie in gekoop het. “Die “batteries” kry ek Valentynsdag,” sê sy opgewonde.
[Video] TBF: ‘Ons mis gaafheid in Suid-Afrika,’ sê Marion
Marion Holm, een van Suid-Afrika se gewildste aktrises, sê ons kort gaafheid en vrygewigheid in Suid-Afrika. Haar hoop is dat mense hierdie Kersfees met mekaar sal gaaf wees.
[Video] TBF: ‘Twaalf dae van Kersfees, nie twaalf weke,’ spot Kaz
“As jy voor die 13de ‘Jingle bells’ hoor, hardloop,” maan hy grappenderwys. “As jy ʼn Kersboom sien, loop ʼn wye draai en as jy ʼn Kersgeskenk kry, hou hom.”
[Video] TBF: Rina Nienaber se skreeusnaakse wenke vir die feesseisoen
Die veteraan aktrise Rina Nienaber stel voor dat jy hierdie Kersfees seker maak jy pos jou geskenkpakkies betyds. “Sodat die poskantoor dit betyds kan verloor,” vertel sy.
[Video] TBF: Familie is tydens feesseisoen só belangrik, sê Jak
Jak de Priester is nie net ʼn sanger, skrywer en akteur nie, maar hy is ook ʼn groot gesinsman. “Kerstyd is die tyd wat jy by jou familie moet wees waar almal vir mekaar sê ons het mekaar lief,” vertel Jak.