Sakebedrywighede wêreldwyd is oorwegend in Engels – daarmee kan ʼn mens moeilik stry. Is dit dan sinvol om vir Afrikaans op skoolvlak te veg en Afrikaanstalige opleidingsinstansies te bou, soos die Virseker Trust doen? Suksesvolle sakelui deel die voordele – en uitdagings – wat opleiding in Afrikaans inhou.
Alles vir die sleutelwoord "Virseker"
ʼn Blink toekoms wink …
Morné van Wyk is Rustenburg se eie Jan Knaphand. Sy hande staan vir niks verkeerd nie: van klankstelsels in motors installeer en voertuie regmaak, tot konstruksiewerk by huise of braaiers bou.
Ma van drie se studeer-droom word waar met kompetisie
Met drie woelige seuntjies, ’n propvol werksdag en nie genoeg geld om vir studies af te knyp nie, het Antoinette Lotz halfpad deur haar dertigs vrede daarmee probeer maak dat sy nie ʼn kwalifikasie sou verwerf nie. Totdat ʼn kompetisie haar van koers laat verander het.
Graad teer die pad van kinderhuis tot balie
Die pad na sukses is die meeste van die tyd moeilik, maar Rochelle glo waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg. “As jy hard genoeg werk is enige iets moontlik. Hoe harder jy werk, hoe meer gaan jy die eindresultate waardeer.”
Pionierskool: Sien is glo, maar voel is wragtig!
Kinders sien van kleins af hoe mamma skottelgoed was, hoe ʼn mens ʼn fiets trap, hoe jy swaai of hoe jy jou mes en vurk vashou. Ons kleintjies leer so sien-sien, deur die wêreld om hulle fyn dop te hou en na te boots. Hul lewensverhale ontvou as’t ware soos ʼn pragtig geïllustreerde storieboek voor hul verwonderde ogies. Kinders wat siggestremd is, kan nie uit hierdie voorbeeld, hierdie pragtige prentjieboek leer nie. Maar hulle kan – met die vorming en onderskraging wat die Pionierskool vir siggestremde leerders bied – droom, leer en dóén.
ʼn Lewe met anoreksie: Van lyer tot leier
Anoreksie kom soos ʼn dief in die nag, en dié siekte is nie kieskeurig met sy slagoffers nie. Daarvan kan Elizbé Buys getuig. Die pad na genesing van nie maklik, maar vandag is daar geen einde aan haar ambisie en passie om, as sportwetenskaplike en diep gelowige mens, ʼn verskil aan die mense om haar se liggaam én siel te maak nie. “Met die hulp van ʼn studielening van die Virseker Trust, kan ek nou daardie pad stap,” sê sy.
Onnies leer ons kinders – wie leer ons onnies?
Die hartseer werklikheid is dat Afrikaanse skole, skole wat bykans sonder uitsondering steeds onderrig van wêreldgehalte aan ons kinders gee, onder geweldige druk verkeer. Is daar dan ʼn toekoms vir Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika? As dit van die Virseker Trust afhang, is Afrikaans in al sy gedaantes se toekoms verseker.
Dié onnie maak seker sy leerlinge sien uit na elke skooldag
Sy wortels lê in Randfontein, diep geanker in die harde grond van goudmyne, fabrieke, sportterreine en parkies. Hoewel hy getrou aan daardie einste wortels gebly het en vandag as onderwyser in dié gemeenskap terugploeg, het sy studies ʼn nuwe wêreld vir hom oopgemaak en dit vir hom moontlik gemaak om sy volle potensiaal te bereik.
Goeie nuus – jy kan weer in Afrikaans studeer!
Terwyl chaos op kampusse geheers het, het ʼn nuwe tersiêre instelling, Akademia, stil-stil sy verskyning gemaak en stadig maar seker gegroei. Nou, sewe jaar later, is daar honderde Afrikaanse studente wat aan Akademia studeer, met ʼn hele klomp kwalifikasies om uit te kies en ʼn rits grade, diplomas en ander kursusse wat binnekort beskikbaar gaan wees.
Só bou die Virseker Trust aan jou taal en toekoms
Afrikaans is nie net ʼn praat-taal nie. Dit is ʼn droom-taal, ʼn leef-taal en ʼn dóén-taal. Dit is die taal waarin gedokter word, gebou word, geleer word, presteer word – ʼn taal waarin gefloreer word. ʼn Belegging in Afrikaans is dus ook ʼn belegging in jou eie toekoms en dié van jou gemeenskap.
Wen: Word meegevoer op ʼn droomreis
As ʼn bootreis op jou wenslysie is, kan dit nou ʼn werklikheid word. Jy hoef nie meer net te droom oor die strande van die Portugese Eilande met sy louwarm, golflose water nie.
‘Môregloed’: Nuwe radiostorie gaan jou laat lag, huil en naels kou
Jy kan een van die dae luister na ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal, Môregloed – ʼn verhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, ʼn stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met ʼn goeie skoot humor.
Wees ‘Virseker’ deel van die legkaart
Die oplossing lê nie in “my” legkaartstukkie nie, maar in “ons” stukkies.
Ons geld moet weer Afrikaans praat
Ons moet Afrikaans weer deel van die hoofstroomekonomie maak. Navorsing het getoon dat ʼn taal sonder ekonomiese waarde se toekomskanse al skraler word.
Nuwe vennootskap ʼn belegging in Afrikaans
Die Solidariteit Beweging het Donderdag aangekondig die organisasie sluit ʼn nuwe vennootskap met die korttermynversekeraar Virseker met die doel om aandeelhouers te word. Die vennootskap beoog om nóg miljoene rande in die toekoms van Afrikaans te belê.
Vermy dié slaggate as jy ʼn tweedehandse motor koop
“As verbruikers nie versigtig is met die aankoop van tweedehandse voertuie nie, kan hulle ʼn reuseherstelprojek of ʼn ongeluk wat wag om te gebeur koop.”
Virsekerbeker 2018 ‘beter as ooit’
Virseker het die nuwe seisoen van die Virsekerbeker – die grootste skolerugbykompetisie vir Noordvaal-skole en oudste skoletoernooi in Suid-Afrika – afgeskop met selfs hoër hoogtes in die visier.
Bly só veilig op die strand
Suid-Afrikaners sien uit na ʼn welverdiende blaaskans dié Desember-vakansie, maar misdadigers is altyd op soek na ʼn geleentheid om jou en jou hardverdiende kontant en besittings van mekaar te skei.
Fnuik kuberkrakers met dié wenke
Die era van die internet het dit moontlik gemaak om in die gemak van jou huis sommer vinnig ʼn paar banksake af te handel, maar dié gemak kan talle risiko’s vir jou kuberveiligheid inhou aangesien misdadigers en kuberkrakers voortdurend wag om toe te slaan.
Dis wat dié algemene geluide aan jou motor beteken
Dit vat nie altyd ʼn werktuigkundige om te weet daar is iets fout met jou motor nie. As jý iets ongewoon aan jou motor gevoel of gehoor het terwyl jy bestuur, is dit áltyd die moeite werd om ondersoek in te stel.