ʼn Beweerde dronkbestuurder wou glo Kaapstad-metropolisiebeamptes die afgelope naweek om die bos lei, maar was onsuksesvol.
Lees meerAlles vir Maandag 3 September 2018
Minister sê Poskantoor sal toelaagbetalings oorneem
Minister Siyabonga Cwele wou Maandag self sien hoe die betalingstelsel werk en terugvoer kry om behoorlike betalingsplanne te verseker.
Zuma het Muthambi beskerm, hoor staatskapingkommissie
Phumla Williams meen oudpres. Jacob Zuma het voormalige kommunikasieminister Faith Muthambi beskerm terwyl sy “chaos gesaai” het by die GCIS.
Dodetal styg ná ontploffing in Somerset-Wes
Die dodetal het gestyg ná ʼn groot ontploffing Maandagmiddag by die Rheinmetall Denel Munition-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.
Só styg prys van petrol in September
Die minister van energie het Maandag die petrolpryse vir September bekendgemaak.
Parlementêre onteieningsdebat in krisis
Die parlementêre proses ter besluitneming oor die belangrikste kwessie om in jare voor die instelling te dien – onteiening sonder vergoeding, is skielik in ‘n yslike krisis gedompel wat die land suur kan bekom as dit nie verstandig hanteer word nie.
Coligny-moordsaak weer uitgestel
Die hofsaak teen twee plaaswerkers wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn tienerseun in Coligny, Noordwes vermoor het, is Maandag uitgestel sodat die verdediging ʼn volledige stel dokumente kan saamstel.
Minstens 4 dood ná ontploffing in Somerset-Wes
Minstens vier persone is dood en verskeie word steeds vermis ná ʼn groot ontploffing by die Rheinmetall Denel-depot in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.
21-jarige vas oor baba se ontvoering
ʼn 21-jarige is Maandagoggend in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn twee maande oue baba, Sbahle Vapi.
ToekomsVenster: ’n Nuwe rigting
Mag die wêreld ons ken en beleef as dienaars van die lewende Here deurdat ons oggend- en aandpraatjies ooreenstem.
Brand in Pilanesberg onder beheer
Brandbestryders kon daarin slaag om die brand wat Saterdag in die Pilanesberg-natuurreservaat in Noordwes uitgebreek het onder beheer te bring.
ANC meen Sasol-staking het ‘rassistiese ondertoon’
Die ANC het gesê Solidariteit is obsessief oor rassepolarisasie.
Pa dán verhoor ná moord op tweeling
Die verhoor van die Spaanse tandarts wat daarvan beskuldig word dat hy sy tweeling vermoor het terwyl hy met vakansie in Kaapstad was, sal in November begin.
Die wêreld in foto’s – 3 September 2018
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Video: Spookasem-eetkompetisie
Geniet dié video waar ʼn aanbieder van ʼn televisieprogram spookasem binne drie sekondes verorber.
Baba wat soveel soos blikkie Coke weeg oorleef
“Ek het nog nooit so ʼn klein baba gesien nie. Ek het nie geweet babas kan so klein wees nie!”
Aankondiging oor listeriose gemaak
Meer as ʼn 1 000 gevalle van listeriose is sedert Januarie 2017 by die nasionale instituut vir oordraagbare siektes aangemeld en het 218 lewens geëis.
Duduzane, Guptas wil staatskaping-getuies ondervra
Die getuies wat hulle wil ondervra sluit in Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, Themba Maseko, voormalige woordvoerder vir die kabinet, en Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies.
Varsgebekkig: Kortsokkie
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “kortsokkie”
Meer skuil glo agter onteiening van Akkerland-plase
Dit het Maandag aan die lig gekom dat daar na bewering baie meer skuil agter die regering se planne om die plase wat deur Akkerland Boerdery besit word te onteien – en dié planne het glo niks met grondhervorming te doen nie.