Retief Liebenberg, wat van moord beskuldig word, se lewe kan moontlik in gevaar wees indien sy aansoek om borgtog goedgekeur word, het die landdroshof in Benoni Vrydag gehoor.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 November 2013
“Ek wens ek kon haar help,” sê broer
Kirsty Theologo se broer het Vrydag aan die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge gesê hy wens hy kon sy suster red.
“Verjaarsdagverkragter” sit lank
Die sogenaamde “verjaarsdagverkragter” Mlungisa Mtshali, is Vrydag in die Johannesburgse landdroshof 39 lewenslange vonnisse opgelê vir 39 verkragtings.
Man vas ná Parow-skietery
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy Vrydag glo twee mense in ‘n minibustaxi in Kaapstad doodgeskiet het.
“ANC het foute gemaak,” sê Mantashe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag in Kaapstad gesê die party het foute gemaak, maar die land is steeds in ‘n beter toestand danksy die regering.
Oud-Valke-man wil glo skuldig pleit
McIntosh Polela, die voormalige woordvoerder van die Valke wat van 13 aanklagte van onwettige jag aangekla word, oorweeg dit om skuldig te pleit.
Gruwelhuis-verdagtes weer in hof
‘n Broer en sy twee susters wat daarvan beskuldig word dat hulle hul pa se dood veroorsaak en twee van hul neefs ontvoer en vir langer as ʼn jaar in haglike omstandighede aangehou het, het Vrydag vlugtig in die Atteridgeville-streekshof verskyn.
Hof beslis in AfriForum se guns teen vuurwapenopleiding-monopolie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag geslaag met ʼn dringende hofaansoek teen onder meer die nasionale polisiekommissaris en die South African Professional Firearms Trainers Council (SAPFTC)
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
WAARSKUWING: Die getuienis wat in hierdie berig vervat is kan sensitiewe lesers ontstel.
Minister moet name van korrupte amptenare aan AfriForum voorsien
Die hof het vandag die minister van samewerkende regering en tradisionele sake beveel om die name van die werknemers in al 278 munisipaliteite dwarsoor Suid-Afrika wat, vanaf Junie 2011, weens wangedrag afgedank is of wat bedank het voordat dissiplinêre stappe afgehandel is, aan die burgerregte-organisasie AfriForum bekend te maak.
Polisie vra getuies ná ongeluk drie lewens eis
Die Vrystaatse polisie het Vrydag ʼn beroep gedoen op ooggetuies wat moontlik op 2 November ʼn ongeluk, wat die lewens van drie mense geëis het, naby Kimberley sien gebeur het.
Lyke vir R800 verkoop: Slagoffer praat van traumatiese ervaring
Kittie Groenewald, die vrou van wyle Danie Groenewald, het Vrydag aan Maroela Media vertel deur watter trauma sy gegaan het nadat haar man se liggaam glo sonder toestemming uit die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal aan ʼn begrafnisondernemer oorhandig is wat glo nie eens ʼn kantoor met liggaamstoorgeriewe het nie.
Kragtigste tifoon óóit tref Filippyne
Die tifoon Haiyan, wat potensieel die kragtigste een is wat die Filippyne ooit getref het, en wat met orkaansterkte wind van tot 275 kilometer per uur waai, het die Asiatiese staat getref.
Video: Verf op ‘n luidspreker in stadige aksie
Die SlowMo Guys is terug en hierdie keer kyk hulle in stadige aksie wat met verf op ‘n luidspreker gebeur.
Uitdrukking: Deur die mat val
Al ooit gewonder waar die uitdrukking “deur die mat val” vandaan kom? Anton F Prinsloo bied vier moontlike verduidelikings in sy boek “Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom'”. Lees vandag se Taaltoffie om meer hieroor te wete te kom.
Huisbrake: Diewe se Top 10
Die versekeringsgroep Virseker het Vrydag gewaarsku dat misdadigers tussen Oktober en Desember na ‘n hoë rat oorskakel en neem insidente van huisbrake dramaties toe.
Video: Snuffel-deurbraak vir SA se honde
‘n Hondeakademie buite Pretoria het ‘n groot deurbraak gemaak in die moontlike opspoor van ‘n gevorderde plofstof.
Veiligheid opgeskerp vir kiesersregistrasie-naweek
Veiligheid sal opgeskerp word dié naweek om te verseker dat die kiesersregistrasieproses glad verloop, het die nasionale polisie Vrydag gesê.
Nuuskommentaar: E-tollenaars, sondaars en BEE-sondebokke
Met die Vryheidsfront Plus, tesame met die TLU-SA en die Nasionale Belastingbetalersvereniging, en die DA op pad hof toe oor die e-tol, wat toevallig saamval met die rare “opening” wat ander opposisiepartye as die DA gekry het om ook hande op te steek, is die verkiesingsveldtog volgens verskeie analiste nou in volle swang.
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Vier mans het Donderdag in die Randburgse landdroshof verskyn in verband met bedrog ná die moord op Dustan Blom, wie se ontbinde liggaam in sy voertuig by MonteCasino gevind is, het The Star Vrydag berig.