Tucker Blandford (23) van Connecticut in Amerika, het onlangs sy eie dood vervals omdat hy glo nie meer met ʼn meisie van Engeland wou trou nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Augustus 2014
Kameel hap baba se kop
ʼn Vier maande oue baba is in die hospitaal opgeneem nadat ʼn kameel hom by ʼn sirkus aan sy kop gehap het.
SA kry nuwe sleepbote
Suid-Afrika gaan nege nuwe sleepbote oor die volgende vier jaar in Durban bou.
Amerika se ebola-pasiënte is gesond
Die twee Amerikaanse sendelinge wat die ebola-virus opgedoen het toe hulle in Liberië gewerk het, is gesond en uit die hospitaal in Atlanta, Amerika, ontslaan.
Algehele reisverbod weens ebola-uitbreking
Die minister van gesondheid het Donderdag ʼn onmiddellike reisverbod geplaas op nie-Suid-Afrikaanse burgers van lande wat deur die ebola-uitbreking geraak word.
MRK sê talle skole sluit
Die aantal skole in Suid-Afrika het met 2 534 afgeneem tussen 200 en 2012, aldus ʼn verslag wat die Menseregtekommissie (MRK) Donderdag uitgereik het.
Wedstrydknoeiery in rugby ondersoek
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Donderdag gesê hy gaan bewerings van wedstrydknoeiery by klubs in die Wes-Kaap ondersoek.
Video: Banke ontsteld oor Moody’s se besluit
Die Reserwebank is bitter ontsteld daaroor dat die graderingsmaatskappy Moody’s die vier groot banke met een kerf afgegradeer het.
EFF ontwrig wéér parlement
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Donderdagmiddag geweier om die Nasionale Vergadering te verlaat selfs nadat Baleka Mbete, speaker van die parlement, hulle beveel het om dit te doen.
FNB se Joburg ArtFair: Georgina Gratrix | Bewonderenswaardige Lelikheid
Georgina Gratrix is ‘n Kaapse kunstenaar wie se werk gekenmerk word deur ‘n sardoniese speelsheid en, in die meeste gevalle, ‘n obsene dik aanwending van olieverf. Haar werk word van 22 – 24 Augustus by FNB se Joburg ArtFair uitgestal. Nog foto’s van haar werk volg onderaan die berig.
Is Suid-Afrika al meer ’n nasie wat lieg en bedrieg?
Hoe verrot is die Suid-Afrikaanse samelewing regtig en wat is die werklike omvang van korrupsie en leuens tot op die hoogste vlakke van besluitneming? vra Alet Rademeyer.
Seun (13) voer glo babahondjie vir veghonde
Diereliefhebbers is met afgryse vervul nadat ʼn 13-jarige seun in Vredenburg in die Wes-Kaap glo ʼn babahondjie vir twee veghonde gevoer het.
Ondersoekeenheid dien finale Nkandla-verslag in
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het sy finale verslag oor Nkandla aan president Jacob Zuma oorhandig.
Tydelike paspoorte gestaak
Die departement van binnelandse sake het aangekondig dat daar van 1 September af nie meer tydelike paspoorte uitgereik sal word nie.
Resep: Pap en tamatiesous
Pap en tamatiesous is altyd ‘n staatmakergereg saam met braaivleis.
Dalk ebola in DRK
Verskeie mense is in die Kongolese provinsie, Équateur, oorlede nadat hulle simptome soos dié van ebola opgedoen het.
Woord: harlaboerla
Harlaboerla verwys onder andere na lawaai, rumoer en wanorde. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor dié interessante Afrikaanse woord
‘Padwoede-motoris’ vra dat saak teruggetrek word
Die motoris wat na bewering die motorfietsryer, Douglas Pearce (39), tydens ʼn padwoedevoorval doodgeskiet het, het Donderdag die Roodepoort-landdroshof versoek om die saak teen hom so gou as moontlik af te handel.
Hamas erken ontvoering en moord op Israelse jonges
Hamas het na berig word vir die eerste keer erken dat die ontvoering en moord op drie Israelse jeugdiges sy werk was.
Nog ‘n inbraak by Interpol-kantore
Die polisie het Donderdag bekend gemaak dat daar weer by die kantore wat deur die Valke en Interpol gebruik word, ingebreek is.