Suid-Afrikaners het soos blink diamante geskitter toe Duitsland Saterdag vir die grootste skok in baie jare in die Europese Rugbykampioenskap gesorg het
Lees meerAlles vir Saterdag 11 Februarie 2017
Engelse red wenrekord net-net; Stander druk drie keer
Engeland het sy sestiende opeenvolgende oorwinning behaal toe hy Wallis met ʼn doel vier minute voor die einde verbygesteek en 21-16 gewen het.
Springbok druk twee keer vir Ierse span
Twee drieë deur `n Springboksenter het die Ierse provinsie Munster Vrydag gehelp om die Walliese streekspan Newport Gwent Dragons (NGD) 45-17 af te ransel.
Goeie nuus: Egpaar ontslaan ná aanval
Lourie van der Merwe (60), ʼn landbouraadgewer en voormalige pastoor, en sy vrou, Celia (60), is ontslaan nadat hulle ʼn week lank saam behandel moes word nadat hulle wreed in hul huis oorval en verskeie keer met die dood gedreig is.
Paul O’Sullivan-assistent ‘verdwyn’
“As sy nie in hegtenis geneem is nie, is sy ontvoer. Dis óf die een óf die ander.”
Saru-gesloer: ondersteuners het die reg om te weet
Dit is nou meer as twee maande sedert die Saru-vergadering waar, soos hulle dit gestel het, ‘grensverskuiwende besluite’ geneem is.
[Foto’s] Twee dood toe motorfietse trompop bots
Twee motorfietsryers, albei vermoedelik in hul 40’s, is Saterdag dood toe hul motorfietse mekaar reg van voor buite Bloemfontein getref het.
[Foto’s] Kylie hou pa Joost se naam hoog
ʼn Dag nadat die land tydens ʼn hartroerende gedenkdiens op Loftus Versfeld afskeid geneem het van die Springboklegende Joost van der Westhuizen, het sy dogter Saterdag sy naam op die sportveld hoog gehou.
Vrou by Dusirivier geskiet
ʼn Vrou, vermoedelik 36 jaar oud, is Saterdag tydens ʼn mislukte rooftog by die Dusirivier in Pietermaritzburg geskiet.
Bejaarde boer met Jik, tang gemartel: Sterf week ná aanval
ʼn Bejaarde boer is in die hospitaal dood nadat hy verlede naweek wreed op sy plaas aangeval en by minstens twee geleenthede glo onder meer met Jik en ʼn tang gemartel is.
19 beseer toe bakkie rol
Altesaam 19 mense is beseer nadat ʼn bakkie Saterdagoggend in Vanderbijlpark in Gauteng gerol het.
Thuli maak ‘vredesaanbod’ met nuwe OB
Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, het Vrydag bevestig dat sy R470 000 vir motorherstelwerk en huur van ʼn staatsvoertuig sal terugbetaal.
Vakansieganger verdrink by Ballito
ʼn Vakansieganger het Vrydagmiddag in die see by Ballito in KwaZulu-Natal verdrink.
Vrou skuldig aan polisieman se moord
Die vrou van ‘n polisiekonstabel, wie se halfnaakte liggaam verlede Januarie in sy motor naby Welkom in die Vrystaat aangetref is, is skuldig bevind en gevonnis vir haar aandeel aan sy moord.
Komplot om boer te vermoor: ‘Middelman’ vasgetrek
ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem weens sy rol in ʼn beweerde beplande moord op ʼn boer van Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: Die werke van sy hande
Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (Psalm 138:8)