Nuuskommentaar: Zuma se “veeldelige parlement”

Terwyl Suid-Afrika skynbaar sy bes doen om hom by die modderploeterende Afrikalande te skaar, is daar oorgenoeg voorbeelde van ander Afrikalande wat net tydelike lippediens aan hierdie modderpoel lewer en dan met enorme projekte vooruitboer. Terwyl ander Afrikalande ander forums gebruik om hul eie buitelandse beeld te verbeter, word die energie hier ingespan om pres. Jacob Zuma staande te hou.

Nuuskommentaar: ANC versus die grondwet is dit sedisie?

Internasionaal is daar ʼn toutrekkery oor die mate waartoe die grondwette en howe van lande die mag moet hê om verkose parlementêre verteenwoordigers se magte te beperk, maar dit lyk nie of die ANC-regering se ongedurigheid met die grondwet en howe veel met die oorhoofse beginsel te make het nie. Veel eerder lyk dit na ʼn poging om ʼn meerderheidstirannie tot stand te bring waar die regering min of meer ongehinderd kan maak en breek.

Nuuskommentaar: Bid ’n mens vir so ’n regering?

Die briewe van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Tussenkerklike Raad aan die regering waarin die regering hard gelooi is oor morele verval binne die regering, is nie die einde van die pad nie. Dit bring elke Christen tot ’n punt van besinning oor hoe sy toekomstige verhouding met die regering gerig behoort te word. Is dit reg om erg op te sien om vir hierdie regering te bid?

Nuuskommentaar: Ope brief aan pres. Jacob Zuma (alweer)

Pres. Jacob Zuma en sy regering het die afgelope ruk omtrent op omstrede wyse in die nuus beland, al was dit onregstreeks soos met die Fifa-bom, sodat ander belangrike sake skaars die nuus en kommentaarskrywers se rubrieke kon haal. Herman Toerien meen dis tyd dat ander sake nou weer die nodige aandag kry en het daarom (alweer) ʼn ope brief aan pres. Jacob Zuma geskryf waarin hy tong in die kies raad gee oor hoe om kontroversie te voorkom.