Matthew Lee Chegwidden van Divide in Colorado, Amerika, nooi gereeld ʼn trop bokke oor vir ontbyt.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 Januarie 2014
Oud-skoonheidskoningin en man doodgeskiet
Monica Spear Mootz (29), ʼn voormalige Mej. Venezuela, en haar man, Thomas Henry Berry (49) is Maandagaand in Venezuela glo deur ʼn groep gewapende rowers doodgeskiet.
Video: Bejaarde ry myle ver aan verkeerde kant van snelweg
Joseph Dorcely (86) van New York in Amerika wat aan demensie ly, het ʼn hele aantal kilometer aan die verkeerde kant van die pad gery voordat hy uiteindelik afgetrek is.
92-jarige in Noordwes vermoor
ʼn 92-jarige man is by sy huis in Mahikeng, Noordwes vermoor en sy voete is verbrand.
Kaap na Rio-reddingspoging duur voort
Vaartuie word Woensdagmiddag van Houtbaai ontplooi om te help met reddingspogings ná rowwe seetoestande verskeie seiljagte in die Kaap na Rio-wedren geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Kondome help nie vir artritis nie, sê departement
Die departement van gesondheid moes Dinsdag vinnig ingryp ná ʼn woordvoerder glo verkeerdelik in ʼn koerantberig aangehaal is dat die smeermiddel in kondome artritis-lyers kan help.
Video: Matrikulante opgewonde oor die toekoms
Gauteng se matrikulante is derde in die land met ‘n slaagsyfer van 87%.
Rampe eis meer lewens in 2013, maar koste is minder
Die Duitse herversekeraar, Munich Re, sê in sy jongste verslag dat daar in 2013 in natuurrampe wêreldwyd sowat 20 000 mense omgekom het, byna twee keer soveel as die vorige jaar.
Twee kinders sterf weens rookinaseming ná kragonderbreking
Twee kinders, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, het Dinsdagaand weens rookinaseming gesterf nadat hul pa hulle glo in ʼn woonstel toegesluit en ʼn kers ʼn brand veroorsaak het.
Wêreldbeker se datum skuif ná protes oor hitte
Die wêreld-sokkerbeheerliggaam, Fifa, het onder druk kopgegee en gelas dat die 2022 eindtoernooi vir die eerste keer in die noordelike winter gespeel kan word.
Drie vas vir sluipmoord op oud-spioen
Drie mans van Rwanda is in hegtenis geneem vir die onlangse moord op die voormalige spioenhoof van Rwanda, Patrick Karegeya, het The New Age Woensdag berig.
Tien beste stede vir 2014 laat oë rek
Die tien beste stede om vanjaar te besoek, volgens die reisgids Rough Guides, lewer verskeie verrassings op. Baie mense sou waarskynlik nog nie eens van sommige van hierdie bestemmings gehoor het nie.
Verstandelik gestremde man deur vloedwater meegesleur
Beamptes van die Wes-Kaapse rampbeheersentrum is op soek na die liggaam van ʼn verstandelik gestremde man wat Dinsdag deur vloedwater in die Langeberg-omgewing meegesleur is.
J-Bay-gesin red matrikulante wat uitslae vier
ʼn Gesin van Aston Bay in Jeffreysbaai het Dinsdag drie matrikulante, wat hul uitslae gevier het, van verdrinking gered, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Woensdag gesê.
‘Babaverkragter’ laat vaar borgtogaansoek
ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy ʼn ses week oue babatjie verkrag het, het Woensdag in die Kimberley-landdroshof sy aansoek om borgtog laat vaar.
Huisarts van rol geskrap oor kinderporno
‘n Huisarts van die Nederlandse dorp Oss mag nie meer as dokter praktiseer nie, na hy aan die besit van kinderpornografie skuldig bevind is.
Beeldmateriaal van Schumi se ski-ongeluk ondersoek
Ondersoekbeamptes het gesê beeldmateriaal van Michael Schumacher se ski-ongeluk wys dat hy nie op die aangewese roete geski het nie.
Foto’s: Só lyk Disney-prinsesse met “normale” oë
ʼn Grafiese ontwerper het ʼn paar van Disney se bekendste prinsesse beetgekry om te sien hoe hulle met “normale” oë sou lyk.
Boek-uittreksel: Bygelowe oor Nuwejaar en Oujaar
“Kry iemand om jou op Nuwejaar te soen – jy sal dan baie soene gedurende die jaar kry” en “Moenie tussen Oujaar en Nuwejaar bad of stort nie – jy was jou lewe daarmee weg” is maar ‘n paar van die bygelowe oor Oujaar en Nuwejaar uit dr. Anton Prinsloo se boek, “Bygelowe en waar hulle vandaan kom”.
Kêrel verwurg glo eks
ʼn 27-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy voormalige meisie in Johannesburg se middestad verwurg het.