ʼn Woordvoerder vir die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het Dinsdag bevestig die atleet was Maandag by Weskoppies psigiatriese hospitaal vir ʼn ondersoek en nie by sy huis, soos ‘n predikant op Twitter beweer het nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Mei 2014
Kaapstad-egpaar vas oor dwelms in “luukse huis”
ʼn Egpaar van Kaapstad is in hegtenis geneem nadat dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R100 000 by hul luukse huis opgespoor is.
Registrasie sluit by Gauteng-skole
Registrasie vir die 2015 akademiese skooljaar by staatskole in Gauteng het Dinsdag verstryk.
Platinumstaking: Twee nie-stakers aangerand
Twee mynwerkers is Dinsdag op pad werk toe in Vryheidspark naby Rustenburg aangerand.
R2 miljoen te min vir Mandela-opera
Die vervaardiger van ʼn opera oor Nelson Mandela se lewe, het gesê ʼn toelaag van net meer as R2 miljoen deur die Nasionale Loteryraad is te min om die koste van ʼn verhoogdrama te dek.
Video: Olifante bestorm toeriste
Twee olifante het skielik toeriste op ‘n wildrit by Makuleke in die Kruger-wildtuin bestorm.
Kurt Darren se ope brief ná erge kritiek
Kurt Darren het Dinsdag in ‘n ope brief gesê hy is ontsteld oor die aggressiewe kommentaar wat gemaak is nadat hy Saterdag tydens pres. Jacob Zuma se inhuldiging opgetree het.
Onwaarhede oor rassisme viktimiseer professor verder
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag sterk kapsie gemaak teen beweringe dat een van sy lede, ʼn professor aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal, geskors is weens rassistiese opmerkings.
Onttrekking van rasreëls ’n stap in die regte rigting
Die departement van arbeid se onderneming om, na wat berig word, weg te doen met sekere drakoniese rasreëls in die voorgestelde gelyke indiensnemingskodes is volgens Solidariteit ’n stap in die regte rigting.
Brandstigting by Rhodes-universiteit ondersoek
ʼn Brand het Dinsdag in ʼn gebou by Rhodes-universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap uitgebreek.
Polisiebeamptes glo oor prostitusie omgekoop
Die polisie het ʼn minderjarige skoolmeisie, wat haarself vir R50 verkoop het, twee keer in hegtenis geneem, maar vrygelaat nadat haar vermeende “verhuurder” die betrokke beamptes omgekoop het.
Verkragtingslagoffer moes glo huis skoonmaak
ʼn 43-jarige man is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 12-jarige.
Video: Kirstenbosch-juweliersware vir ‘n goeie doel
Die Kirstenbosch-Botaniese Tuin het ‘n verskeidenheid juweliersware wat deur sy flora en fauna geïnspireer is, bekend gestel. Dis alles deel van die botaniese tuin se eeufeesviering.
Studente betoog weer by TUT
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie loop weer onder betogings deur nadat studente by sy Soshanguve-kampus Dinsdag weer klasse begin ontwrig het.
Nog geen staatstoelaag vir plek van veiligheid
Die departement van maatskaplike ontwikkeling moet glo binne drie dae ‘n verduideliking gee waarom Môrester, ‘n plek van veiligheid in Rustenburg, al sedert 2013 nog geen staatstoelaag ontvang het nie.
Video: Indië se eerste motor groet
Produksie van die Hindustan Ambassador, die eerste motor wat in Indië vervaardig is, is pas gestaak. Die Britse motorprogram Top Gear het dit tydens hul twintigste reeks as die beste taxi ter wêreld aangewys (‘n videogreep hiervan volg onderaan die berig).
Lotto ontken gerugte oor Mandela-opera
Die Nasionale Loteryraad het Dinsdag gerugte ontken dat hy nie die vervaardigers van ʼn opera oor Nelson Mandela se lewe, betaal het nie.
Solidariteit kondig onderwysplan van R400 miljoen aan
Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn driejaar-opleidingsplan teen ’n koste van R400 miljoen by sy nasionale kongres in Pretoria aangekondig.
Gesteelde goedere in sy meisie se huis gevind
Die polisie van Virginia in die Vrystaat het vuurwapens, horlosies en ‘n stuifsproeier opgespoor in ʼn vermeende dief se meisie se huis toe hulle op ʼn wenk reageer het.
De Jager sit lank
Johannes Christiaan de Jager is Dinsdag gevonnis vir die moord op twee tieners en die verkragting van een van die tieners.