Het jy geweet dat die woord “grotesk” van “grot” af kom? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor dié interessante woord.
Alles vir die maand Oktober 2014
Man spring na sy dood by Bloem-hospitaal
ʼn Man wat in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein behandel is, is dood nadat hy Woensdag uit ʼn oop venster op die tweede verdieping van die hospitaal na sy dood gespring het.
ANC wil vuurwapenwetgewing laat hersien
Die Vuurwapenbeheerwet moet hersien word ten einde die aantal onwettige vuurwapens in Suid-Afrika se strate te verminder, het die ANC Donderdag gesê.
Centurion-buurte sukkel al ʼn week lank met water
Inwoners van verskeie voorstede in Centurion moet al ʼn week lank oor die weg kom met min of geen watertoevoer na hul huise nie.
Nios ontken SA man het ebola
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdag bewerings ontken dat ʼn Suid-Afrikaanse man met die ebola-virus besmet is.
Foto’s: Twee vas ná skietgeveg op N1
Twee verdagtes is in hegtenis geneem na ʼn skietgeveg met die polisie op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar.
Vodacom gee glo kliënte se inligting uit
Vodacom het glo van sy kliënte se telefoonnommers aan sakeondernemings en bemarkingsmaatskappye verskaf, het The Times Donderdag berig.
Drie in hof oor moord op sakeman
Die drie vermeende moordenaars van Cornelius Herholdt (66) wat in sy huis in Greytown, KwaZulu-Natal aangekeer is nadat hulle hom vasgebind en doodgesteek het, het Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof verskyn.
“SAUK-voorsitter het nie ʼn graad” sê DA
ʼn Agtergrondondersoek in opdrag van die DA het meer bewyse aan die lig gebring dat Ellen Tshabalala, voorsitter van die SAUK, glo nie ʼn BCom-graad het soos wat sy beweer nie.
Nuuskommentaar: Gaan Numsa se werkersparty SA-politiek herskik?
Herman Toerien bespreek Numsa se plan om ‘n nuwe politieke party, die United Front, te stig en ondersoek of dit Suid-Afrika se politiek kan herskik.
Senzo Meyiwa-moord: Polisie ontken arrestasies
Die polisie het Donderdag berigte ontken dat twee mense in hegtenis geneem is in verband met die moord op Senzo Meyiwa.
OB laat Nkandla-kwessie in parlement se hande
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het die veelbesproke Nkandla-kwessie in die hande van die parlement oorgelaat.
Polisie ondersoek poskantoor-geweld
Die polisie ondersoek minstens 167 sake van geweld wat verband hou met die staking by die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO), het die minister van telekommunikasie en posdienste gesê.
Eskom waarsku oor moontlike beurtkrag
Eskom het ʼn beroep gedoen op verbruikers om hul geisers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle tussen 18:00 en 20:00 af te skakel ten einde beurtkrag te vermy.
Middelburg-moord: Man kry lewenslank
ʼn 26-jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Jan du Toit (68) van Middelburg, Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: God is ons Trooster
Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid. (Joh 14:16, 1953-vertaling)
SA-vlag oor paar jaar van ruimte te sien
Die Karoo gaan oor ʼn paar jaar spog met ʼn reuse- Suid-Afrikaanse vlag wat uit die ruimte sigbaar sal wees.
Julius Malema se woede ‘is geregverdig’
Die woede wat deur Julius Malema, leier van die EFF, vertoon word is geregverdig, het Nelson Mandela se voormalige private sekretaresse Zelda la Grange Woensdag gesê.
Noodfonds gestig na kinderhuis-roof
Solidariteit Helpende Hand het ’n noodfonds gestig vir die President Kruger Kinderhuis in Pretoria wat Woensdag in die vroeë oggendure beroof is.
Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn trop gesteelde skape in ʼn slaapkamer by haar huis in Thabong gevind is, het die polisie in die Vrystaat gesê.