‘n Man is dood en vyf mense is beseer in ‘n botsing op die N2 naby Mandeni, KwaZulu-Natal.
Alles vir die maand Oktober 2014
Kaapstad se “oop moskee” aan die brand gesteek
Kaapstad se sogenaamde “oop moskee” is Saterdagoggend aan die brand gesteek, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Poemas moet Aussie-ontwrigting uitbuit
Benewens trots en natuurlik punte om in die derde plek op die wêreldranglys te bly, is daar Sondagoggend (00:40 SA tyd) min vir Australië om voor te speel wanneer hulle in die laaste wedstryd van die 2014 Rugbykampioenskap in Mendoza teen Argentinië te staan kom.
Twee ‘metropolisiebeamptes’ vas
Twee mans is in Kempton Park in hegtenis geneem nadat daar metropolisie-uniforms en ander onwettige items in hul besit gevind is, het die Ekurhuleni-metropolisie Saterdag gesê.
Man beroof, uit motor gegooi
ʼn Man is beseer nadat hy beroof, aangerand en uit ʼn bewegende motor gegooi is op die N3 in Lynnfield Park, KwaZulu-Natal.
Matrikulant sterf dag voor matriekafskeid in ongeluk
ʼn Matrikulant is dood nadat hy Donderdag, ʼn dag voor sy matriekafskeid, met sy motorfiets teen ʼn motor gebots het in Welgelegen in Limpopo, het Beeld Saterdag berig.
Mense ontruim ná goederetrein ontspoor
ʼn Goederetrein wat plastieksakke met swael vervoer het, het Saterdagoggend naby die Jubilee-winkelsentrum in Hammanskraal, noord van Pretoria, ontspoor.
Man in hof oor vals nommerplate om e-tol te ontduik
ʼn Navorser van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) het in die Pretoria-landdroshof verskyn nadat hy glo vals nommerplate gebruik het om e-tol te ontduik, het Beeld Saterdag berig.
Video: Hy bult spiere saam met pa
ʼn Video van ʼn babaseuntjie wat saam met sy pa spiere bult in die badkamer se spieël, word wyd op sosiale media versprei.
Man sê rassistiese woord was onnodig
Andre van Deventer (36) het Vrydag in die landdroshof in Kaapstad gesê dit was onnodig om ʼn huishulp ʼn “k****r” te noem maar dat hy deur woede aangevuur was.
Shrien Dewani se moordverhoor begin dan
Die Britse sakeman Shrien Dewani wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Anni, tydens hul wittebrood laat vermoor het, se verhoor begin Maandag.
Pavillion-skietery: Slagoffers se name bekend
Die polisie in KwaZulu-Natal het Saterdag die name bekend gemaak van die polisiebeampte wat sy vriendin by die Pavillion-winkelsentrum in Durban doodgeskiet het en daarna selfmoord gepleeg het.
Transnet se appèlaansoek verwerp
Transnet se aansoek om te appelleer teen ʼn vroeëre beslissing waarvolgens ʼn R80 miljard-klasaksie teen die maatskappy en sy pensioenfondse ingestel mag word, is Vrydag deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
Griffons en Valke in eindstryd
Die Griffons en die Valke sal sake in die Eerste Liga van die Curriebekerreeks uitspook nadat hulle Vrydag die twee halfeindstryde teen onderskeidelik die SWD Arende in Welkom (45-43) en die Luiperds in Potchefstroom (31-24) gewen het.
‘Renosterstropery-sindikaatleier’ se swaer deur FBI, Interpol gesoek
Abraham Smit, swaer van die beweerde renosterstropery-sindikaatleier Hugo Ras, is al vir langer as drie jaar voortvlugtig en word deur Interpol en die FBI gesoek, berig die Daily News.
11 sterf in trompop botsing
ʼn Trompop botsing tussen ʼn minibus en ʼn vragmotor het Vrydagmiddag die lewens van 11 mense geëis in Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: Broodnodige stiltetyd
Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. (1 Kron 16:11)
Voetganger sterf in Bapsfontein-ongeluk
ʼn Voetganger is laat Vrydagmiddag naby die R25/R50-vierrigtingstop in Bapsfontein deur ʼn bakkie doodgery.
Drie Chinese sterf in NW-ongeluk
Drie Chinese toeriste is dood en 15 beseer in ʼn ongeluk in Brits, Noordwes.
Nóg ‘n kragskok vir verbruikers
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het aangekondig dat Eskom se kragtarief volgende jaar met 12,69% gaan styg.