Gesprekke tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa en opposisiepartye het Maandag vasgeval.
Lees meerAlles vir Maandag 24 November 2014
Burry Stander-saak wéér uitgestel
Die hofsaak van die minibusbestuurder wat glo die bekende bergfietsryer Burry Stander doodgery het, is Maandag uitgestel.
Malema glo deur veiligheidswag rondgestamp
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en ʼn veiligheidswag was glo Maandag in ʼn onderonsie in Parktown, Johannesburg toe opposisiepartye en adjunkpres. Cyril Ramaphosa vergader het.
Huishulp het Baba L se ma gewaarsku
ʼn Huishulp het Baba L se ma glo gewaarsku dat sy haar gaan aangee indien sy sien dat die ma haar tweejarige dogtertjie slaan, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor.
‘Rower’ in Oos-Kaap doodgeskiet
ʼn Verdagte is Maandag ná ʼn rooftog by ʼn Spar-supermark in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Foto’s en Video: EF1-sterkte tornado het Vryheid getref, meen kenners
Kenners by die Suid-Afrikaanse Weerdiens beweer die tornado wat Saterdag vir groot opwinding naby Vryheid in KwaZulu-Natal gesorg het, was glo ʼn EF1-tornado.
Video: 12 dae van Kersfees: eg Suid-Afrikaans
Suid-Afrikaners in die buiteland is gaande oor ʼn nuwe lied, wat op die oorspronklike “12 days of Christmas” gebaseer is, maar nou ʼn eg Suid-Afrikaanse baadjie aangetrek het.
Ma, ouma in hof oor kleuter se dood
ʼn 31-jarige vrou en haar 55-jarige ma het in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn na die dood van die jonger vrou se driejarige dogtertjie.
Juffrou gesleep: Bakkiebestuurder opgespoor, lê teensaak
Die bestuurder van die bakkie wat glo betrokke was by die voorval waar Suzanne Leyden, die 36-jarige ma en onderwyseres van Randburg, Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg saamgesleep is, is opgespoor.
Oppasser vas na skokvideo van aanranding
ʼn Skokvideo wat wys hoe ʼn dagmoeder ʼn kleuter erg aanrand word wyd op sosiale media versprei.
WAT Woord van die Week: wedstryd
Al ooit gewonder waar die woord “wedstryd” vandaan kom? “Wedstryd” is die WAT Woord van die Week.
Foto’s en video: Tornado in KZN
ʼn Reusetornado het glo Saterdag oor dele van Vryheid en Dundee in KwaZulu-Natal voorgekom.
Nuuskommentaar: Word ons zeffers en muishonde?
“Wanneer iemand Maroela lees, moet hy met ʼn positiewe beeld van die Afrikaner gelaat word, moet sy hart warm klop vir Afrikaans, maar Maroela kan dit nie alleen doen nie,” skryf Herman Toerien.
Is Iran-kernooreenkoms vandag moontlik?
Met die spertyd vandag om ‘n ooreenkoms met Iran te bereik oor sy kernverrykingsprogram, word reeds koorsagtig gewerk om die spertyd uit te stel.
Kragnetwerk steeds onder druk
Eskom het Maandag aangekondig dat die land se kragnetwerk steeds onder druk is en dat die moontlikheid bestaan dat kragtoevoer vandeesweek weer beperk gaan word.
Vrou lê dae lank op vloer langs man se lyk
ʼn Pensioenaris van Bronkhorstspruit, Gauteng is nog erg getraumatiseerd nadat sy ten minste drie aande lank vasgebind op ʼn betonvloer langs haar man se liggaam moes spandeer.
Vrou glo deur studente aangerand
Vyf universiteitstudente het glo ʼn 52-jarige vrou in Kaapstad aangerand, het The Star Maandag berig.
Slaagvereistes vir gr. 7 tot 9 aangepas
Die departement van basiese onderwys het aangekondig dat daar van vanjaar af strenger slaagvereistes vir gr. 7 tot 9-leerders sal geld.
Skool doen glo niks aan boelies nie
Personeel van Hoërskool Elspark in Ekurhuleni en die polisie het glo versuim om op te tree nadat ʼn boetie en sussie by die skool geboelie en aangerand is, het The Star Maandag berig.
Trompop botsing eis twee
Twee mense is Sondagmiddag dood en vyf beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die N2-snelweg naby die Mpoza-afrit in Zululand, KwaZulu-Natal, getref het.