Twee vermeende kapers is Dinsdagmiddag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle ʼn vrou se motor met haar vyfjarige dogter binne-in wou kaap, maar hulle teen vier ‘helde’ vasgeloop het.
Alles vir die maand Februarie 2015
Seun in hof na hy glo ouma met swaard vermoor
ʼn Tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouma met ʼn swaard vermoor het, het Woensdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Foto’s: Hierdie advertensies laat jou twee keer kyk
Soms kry ʼn advertensieagentskap dit reg om met een foto ʼn maatskaplike kwessie aan te spreek en jou daaroor te laat nadink.
Begrotingsrede: Só word jou sak geraak
Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede ʼn verhoging in die koerse van persoonlike inkomstebelasting aangekondig.
Plaasaanval: Mini-‘oorlog’ toe Delmas-boer aanvallers verjaag
ʼn Bekende boer van Delmas in Mpumalanga, wat al sewe keer die afgelope paar jaar op sy plaas aangeval is, het Sondag helder oordag hom en sy vrou teen agt aanvallers verdedig.
Goeie nuus: Tegnologie help onderwyser ná ernstige besering
’n Onderwyser wat werwels in ’n perdry-ongeluk gekraak het, is onlangs deur moderne tegnologie in staat gestel om weer haar passie vir die onderwys uit te leef.
Die wenners en verloorders van die ‘staatsrede’
“Wat beteken die vryval na benede vir die minderhele, veral die Afrikaners, wat grondwetlik in onmag verkeer – wanhoop? Juis nie,” skryf prof. Koos Malan.
Plaasmoord: Boer op KZN-plaas doodgeskiet
Terrence “Terry” Rizzato, ʼn 62-jarige boer van Hluhluwe in KwaZulu-Natal, is Dinsdagaand op sy plaas, Mashonisa, doodgeskiet.
Luister: Kweek ‘n belangstelling in wiskunde
Maroela Media gesels in die volgende gesprekreeks met lede van die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers oor die vak en hoe om dit makliker vir die kind, ouer en selfs onderwysers te maak.
PG du Plessis se ‘Siener’ kry nuwe lewe by die Woordfees
Die alombekende verhoogstuk Siener in die suburbs uit die pen van PG du Plessis gaan vanjaar met ʼn splinternuwe rolverdeling by die Woordfees te sien wees.
Getal Christene deur IS ontvoer styg tot 150
Die getal Christene wat deur die Islamitiese Staat (IS) in sy jongste offensief in die noordooste van Sirië ontvoer is, het tot 150 gestyg.
Duisend jaar oue mummie in Boeddhabeeld gevind
Verbaasde navorsers van die Drentse Museum in Nederland het vasgestel dat ’n goue “Boeddhabeeld” inderdaad die laaste rusplek van ’n Boeddhistiese monnik is wat in ongeveer die jaar 1100 n.C. dood is. Die ontdekking is gedoen toe die “beeld” geskandeer is.
Foto’s: Kimberley in vloed
Die hemel het Dinsdagmiddag behoorlik sy sluise oopgemaak en die erge reën het chaos in Kimberley in die Noord-Kaap veroorsaak.
Sluipmoord-komplot teen Dlamini-Zuma onthul
Al Jazeera het onthul dat daar ʼn komplot was om ʼn sluipmoord op Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie (AU), uit te voer, enkele dae nadat sy die pos opgeneem het.
Video: ‘Hoekom ek op Mars wil gaan woon’
Vyf Suid-Afrikaners tel onder die hoopvolles op die kortlys van die ambisieuse “Mars One”-projek.
Anneli van Rooyen vier haar verjaardag
Die legendariese Afrikaanse sangeres Anneli van Rooyen vier vandag haar verjaardag, en Daantjie kyk na wat sy tot dusver in haar loopbaan van meer as 30 jaar bereik het.
Afrikaans 90: In die donker gang af
‘n Lekker bangmaakstorie deur die meesterstorieverteller Francois Bloemhof. Lees net as jy dapper genoeg is…
Foto: ‘Selfie’ in die ruimte
Barry Wilmore, ʼn ruimtevaarder, het Saterdag ʼn selfie geneem toe hy buite die Internasionale Ruimtestasie gewerk het.
Boek: Huisgenoot Wenresepte 2
Die ideale boek vir dié wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak.
Polisieman in Kaapstad doodgeskiet
ʼn Polisieman is Dinsdagmiddag in die omgewing van Sir Lowryspas doodgeskiet waarna sy beweerde moordenaar deur polisiebeamptes doodgeskiet is, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.