Een van die verdagtes wat Woensdag vasgetrek is nadat ʼn boer van Coligny op sy plaas oorval en aangerand is, is ʼn werknemer van die polisie.
Alles vir Donderdag 16 Julie 2015
Taalgebruik: probleem
Word ʼn probleem aangepak of aangespreek of geniet dit aandag? En het jy ʼn beswaar of bedenking oor iets? Taaltoffie stel ondersoek in.
Resep: Lepel-frikkadelle in drie korsies met pruimtamatiesous
Die aanbieding van happies is so belangrik soos die smaak en deesdae word kleinkos skeppend voorgesit in al wat lepel, bakkie of glasie is.
Resensie: ‘Drome’ – Heuning
Die “country-puriste” sal miskien die neus optrek vir Heuning se jongste album, maar enigiemand anders sal dit geniet.
Polisieman en paramedikus-vriend doodgeskiet
ʼn Polisiesersant, wat van diens af was, en sy vriend, ʼn paramedikus, is Woensdagaand voor ʼn huis in New Brighton, Port Elizabeth, doodgeskiet.
Coligny-bejaarde in hospitaal ná aanval op kleinhoewe
ʼn Bejaarde man wat Woensdag op ʼn kleinhoewe deur vier verdagtes oorval en erg aangerand is, is so getraumatiseerd dat hy nog nie ʼn polisieverklaring kon aflê nie.
Cobus Bester: Die man agter die stem
Cobus Bester het van skool af al belang gestel om by die SAUK te werk, maar die lewe het eers ander draaie met hom geloop. Hy was in sy midtwintigs toe hy aan die TV-kant by die SAUK begin werk het.
Jong man sterf onder bakkie: bestuurder vrygelaat
Die 22-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat Jared Lomas (23) Sondag in die vroeë oggendure onder ʼn bakkie gesterf het, is vrygelaat.
Boek: Liewe Heksie Leesboek 1
Liewe Heksie is al vir meer as 50 jaar gewild en een van die mees ikoniese Afrikaanse kinderboekkarakters. Maklik leesbare teks en pragtige kleur-illustrasies sal sorg dat jong, sowel as ouers lesers van voor af bekoor word.
Nuuskommentaar: Die staat of die private sektor?
Eskom se gespook om krag teen bekostigbare pryse te lewer, en bly lewer, wys egter ook op ’n ander aspek – die drang na groter staatsbetrokkenheid in die ekonomie, gerugsteun deur sosialistiese vakbonde. Die Griekse tragedie dui egter duidelik aan wat gebeur as hierdie koers ingeslaan word.
Geskorste Eskom-hoofde onskuldig bevind
ʼn Onafhanklike ondersoek wat gedoen is nadat vier uitvoerende hoofde van Eskom in Maart geskors is, het bevind dat die amptenare geen oortredings begaan het nie.
Tiener tronk toe vir verkragting
“Sy het hierna besluit om deur die gaatjie in die deur te loer en het gesien hoe die beskuldigde die kind verkrag.”
Profeet dwing gemeentelede glo om slange te eet
Die foto’s wys onder meer hoe slange geëet word, die profeet op gemeentelede se rûens ry en vroue al hul klere uittrek.
Vier staatsamptenare in hof oor ‘lisensiebedrog’
Vier amptenare van die Kaapse stadsraad het Woensdag in die streekshof verskyn in verband met die beweerde uitreiking van vals voertuigregistrasielisensies aan taxibase.
Vrede-plaasaanval: Tweede verdagte vas
ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met Sondag se aanval op Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger op hul plaas naby Vrede.
Gedagte vir die dag: Jesus maak ons vry
So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. (Psalm 103:12)