Geweld en intimidasie by Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is onaanvaarbaar het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê en bygevoeg optrede wat onderrig onderbreek en onredelike eise wat gestel word, is teenproduktief.
Alles vir Donderdag 14 Januarie 2016
Sasol-man geskors oor ‘rassistiese’ twiet
Sasol het bevestig hy het ʼn werknemer geskors en met dissiplinêre stappe begin nadat die werknemer glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.
‘Onwettige’ braaihoenders na Zimbabwe uitgevoer
ʼn Groot hoeveelheid van die hoendervleis, ter waarde van R128 miljoen, wat Zimbabwe verlede jaar van Suid-Afrika ingevoer het, is waarskynlik voorraad wat verval het.
Drie mense oornag skatryk
Die Amerikaanse Powerball, ter waarde van $1,5 miljard (bykans R25 miljard), waarvan die trekking Woensdag was, is deur drie mense gewen.
Wie sou jy oplaai? Jou antwoord verklap dalk meer as wat jy dink!
Die antwoord op ʼn vraag wat ʼn maatskappy glo aan voornemende werknemers gestel het oor ʼn morele en etiese dilemma, verklap dalk meer van jou as wat jy dink.
Minister ontbind Suid-Afrikaanse Taalraad
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Woensdag aangekondig dat hy die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap.
Ontploffings ruk Indonesië
Verskeie bomontploffings het Donderdag verskeie dele van Djakarta in Indonesië geruk.
Taalgebruik: vervelig of verveeld?
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker wanneer om “vervelig” of “verveeld” te gebruik.
Leser beproef wenke vir treffende selfoonfoto’s
Deesdae is dit maklik om mooi en onvergeetlike foto’s met jou selfoon te neem. ʼn Leser het haar selfoonfoto’s met Maroela Media gedeel na aanleiding van ʼn paar wenke vir treffende selfoonfoto’s op ons webwerf.
Honderde vas ná geweld in Pta-middestad
Geweld het losgebars en klippe is deur die vensters van die kantoor gegooi. Skade is ook aan voertuie buite die gebou aangerig.
Maroela Media een van die ‘webwerfkonings’
Maroela Media is trots om deel te wees van die top 20 webwerwe in Suid-Afrika, soos pas berig deur MyBroadband.
[Resep] Blatjanghoender met rysvulsel en skyfaartappels
Dis ’n feestelike maar besonder ekonomiese gereg.
[Foto’s] Bekendes deel skattige skoolfoto’s
Talle bekendes het op foto’s sosiale media gedeel van hul jongspan wat gister die nuwe skooljaar aangepak het. Bekendes sonder kinders het ook hul eerste skoolfoto’s met aanhangers op sosiale media gedeel.
Lodge-eienaar in beskuldigdebank oor ‘verkragting’
Die eienaar van verskeie gewilde hotelle en lodges in Port Elizabeth het onskuldig gepleit op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.
Nuuskommentaar: Nasionale verlamming lei tot aktivisme en anargie
Wanneer ’n taalreg verdamp, gebeur meer as net dat die taal geknou word. Nie net taalregte word aangetas nie, maar ook ander regte van ’n taalgemeenskap. Die afdanking van Pansat se raad het dieper betekenis as bloot om dié liggaam meer doeltreffend te laat probeer werk.
Muur val vrou dood
Een vrou is dood en ʼn ander vrou ernstig beseer nadat ʼn muur op hulle geval het in Bloemfontein in die Vrystaat.
Boorder sterf by Anglo-myn
ʼn Rotsbooroperateur is vandeesweek by AngloGold Ashanti se TauTona-myn in die Carletonville-omgewing in Gauteng dood.
Boek: Strategie vir gebed
Gebed behoort jou eerste aanvalsplan te wees in die stryd van die lewe, nie jou laaste toevlug nie. En vir ’n geveg van hierdie kaliber het jy ’n doelgerigte strategie nodig.
Liggaam in Hartbeespoortdam gevind
Die liggaam van ʼn 26-jarige man is uit die Hartbeespoortdam in Noordwes verwyder.
Twee ‘stropers’ in wildtuin doodgeskiet
Die waaksaamheid van ʼn groep toeriste het glo daartoe gelei dat twee vermeende stropers in die Krugerwildtuin doodgeskiet is.