Minstens vier mense is dood en honderd beseer toe ’n aardbewing van 6,7 die noordooste van Indië getref het.
Alles vir die maand Januarie 2016
Herrie oor vrou se ape-uitlating
ʼn Bekende eiendomsgroep gaan regstappe teen ʼn voormalige werknemer doen nadat sy in ʼn inskrywing op Facebook swart mense met ape vergelyk het.
Nuuskommentaar: Maak oop jul monde, Afrikaners (of durf julle nie?)
Uit verskeie bronne lyk dit of daar ʼn breë verwagting is dat wit mense, en Afrikaners, hul menings vir hulself moet hou. Dit is veral in kwessies van die nasionale debat waar, so lyk dit al meer, enige mening geduld word solank dit uit swart geledere kom.
Eskom het glo ‘geheime ooreenkoms’ vir krag aan Zim
Eskom verskaf glo tot soveel as 300 megawatt se elektrisiteit op ʼn daaglikse basis aan Zimbabwe as deel van ʼn nuwe “geheime” ooreenkoms.
Maroela Media Top-20: 4 Januarie 2016
Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en een nuweling.
[Resep] Tant Katie se kaastert
Vir afwisseling kan ʼn mens 250 g gaar, gegeurde maalvleis of 125 ml gesnipperde ham, polonie of Weense worsies by die vulsel voeg, sê mev. H. J. Truter van Mbombela (Nelspruit).
3 sterf in Kuruman-botsings
Drie mense, onder wie ʼn eenjarige kind, het Saterdag in drie onderskeie padongelukke in die Kuruman-area gesterf.
Woedende inwoners verdrink glo diewe in dam
Die liggame van twee mans wat na bewering lewend deur lede van ʼn gemeenskap in ʼn dam gegooi is, is Sondag uit die dam in Marikana in Noordwes gehaal.
Ontbinde liggaam in rivier gevind
Die erg ontbinde liggaam van ʼn man is Sondag in die Gcuwa-rivier in Butterworth in die Oos-Kaap gevind.
‘Dwelmhandelaars’ vas ná wenk aan polisie
Twee vermeende dwelmhandelaars is Saterdag by verblyf-eenhede in Umkomaas aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in hegtenis geneem nadat heroïen in hul besit gevind is.
Drie sterf toe motor op N1 rol
Drie mense is dood toe ʼn motor Sondag op die N1 buite Bloemfontein verskeie kere gerol het.
Luister: Wat maak jy met jou kind se manipulasiemonster?
Die manipulasiemonster is iets wat ouers regoor die wêreld laat nagmerries kry en huilend in donker hoekies laat wegkruip… Want dis ʼn taktiek wat elke kind stewig onder die knie het teen die tyd dat hulle drie jaar oud is. Wat presies is manipulasie?
Begrond: Deel 21
‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.
Man verdrink by Albert Falls-dam
ʼn Man het Sondagmiddag by die Albert-valle by Albert Falls-dam in KwaZulu-Natal verdrink.
Bewaarders op soek na beseerde leeu
Wildbewaarders in die Kruger-wildtuin is op soek na ʼn jong leeu wat met ʼn strik om sy nek raakgesien is.
Kind se liggaam in strandmeer gevind
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en polisieduikers het Sondag die liggaam van ʼn negejarige seun uit die St Michaels-strandmeer in KwaZulu-Natal gehaal.
Gedagte vir die dag: U Woord, my lig
U voorskrifte is vir my ’n lied in my lewe hier op aarde. U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. (Psalm 119:54, 89, 105)
[Foto’s] Wêreld se grootste passasierskip
Allure of the Seas is die wêreld se grootste passasierskip en kan 7 500 persone, insluitend 2 500 personeellede, vervoer.
Goeie nuus: Duitse toeriste kry beursie vinnig terug
ʼn 74-jarige toeris van Duitsland was verras toe sy beursie die volgende dag, nadat hy dit in Kaapstad in ʼn taxi verloor het, aan hom terugbesorg is.
Kaapstad-pad gesluit oor veldbrand
Die N2 in Kaapstad is tussen Baden Powell en Spineweg gesluit weens ʼn veldbrand, het die stad Kaapstad se veiligheids- en sekuriteitsdirektoraat Sondagmiddag gesê.