ʼn Vrou van Lavender Hill naby Kaapstad wat na bewering in 1997 ʼn pasgebore baba uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer en as haar eie grootgemaak het, het Dinsdag in die hooggeregshof in die stad gepleit.
Alles vir Dinsdag 23 Februarie 2016
Twee sussies soek ná pa hulle glo ontvoer
Die polisie in Witbank, Mpumalanga, versoek mense se hulp om twee jong meisies op te spoor wat glo deur hul pa ontvoer is.
Boek: Daar doer in die fliek
Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustrieë in die wêreld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met ’n groot aantal foto’s geïllustreer.
‘Betogers’ teiken Modimolle-burgemeester; skole sluit
Die burgemeester van Modimolle (Nylstroom), Elizabeth Lekalakala, se huis is Dinsdag in die vroeë oggendure deur ʼn groep beweerde betogers beskadig te midde van spanning in die gebied oor ʼn gebrek aan water. Die spanning het veroorsaak dat verskeie skole en ondernemings Dinsdag hul deure moes sluit.
Distrik Ses was meer as ʼn krotbuurt
Dit bly moeilik om in hierdie tyd ʼn getroue beeld te kry van die ware Distrik Ses. Mense wat hul herinneringe deel, onthou net die positiewe aspekte.
Nuuskommentaar: Kampus-burgeroorlog
Lei die AfriForum-geleide rugstyfmakery by Tuks en die voorval in Bloemfontein waar woedende toeskouers molesmakers (wat ’n Varsitybeker-wedstryd kom ontwrig het) van die veld verwilder het ’n nuwe dimensie in die kampusgeweld in? En wat is in die eerste plek onderliggend tot die kampusgeweld – ’n soort klassestryd of ’n rassestryd gevoed deur die invloed van Fanon?
[Resep] Piekelgroente
Dis alte voordelig om ’n fles of wat piekelgroente byderhand te hê vir wanneer jy gou iets te ete moet prakseer.
Veg vir eie universiteite in pragtige moedertaal
Asseblief los ons universiteite wat ons met trane en bloedsweet bekom het. Julle is so welkom om saam met ons Tukkies, Maties en Pukke te geniet, maar respekteer my plek en my taal soos ek jou en jou taal respekteer!
FAK oor Afrikaans as universiteitstaal
Afrikaanssprekendes het by ’n skeidingsoomblik aangekom. Indien daar voortgegaan word om universitêre Afrikaans af te breek, sal groot getalle van ons mense slegs een gevolgtrekking daaruit maak: dat ons nie welkom is aan die bestaande universiteite nie, en dat ons voortaan vir Afrikaans ’n eie universitêre toekoms sal skep.
Man glo van bewegende trein gegooi
ʼn 23-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Maandagaand na bewering van ʼn bewegende trein naby die Vereeniging-stasie in Gauteng gegooi is.
Man geskiet tydens Centurion-rooftog
ʼn Man is Maandagaand geskiet toe gewapende rowers op ʼn winkelsentrum in Centurion toegesak het.
Newcastle, Spears slaggereed; Suidkus speel 7s
Boschpick Newcastle Highlanders en Kwantu Spears rapporteer uit KwaZulu-Natal dat hulle gereed is om hul verhoogde status gestand te doen; en South Coast Warriors bied Saterdag weer sy gewilde Suidkussewestoernooi aan.
AfriForum: ‘EFF wil Tuks-kampus onregeerbaar maak’
Die EFF se stryd teen Afrikaans is net ʼn volgende stap in sy veldtog om die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) onregeerbaar te maak met die oog op mobilisering en publisiteit vir die komende munisipale verkiesing, het AfriForum Maandag gesê.
27 Tuks-betogers in hof
Die studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging aangekla is ná ʼn betoging Vrydag voor die hekke van die universiteit het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
UV-kampus gesluit ná geweld by rugbywedstryd
Die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Dinsdag en Woensdag oral gesluit wees ná ʼn betoging deur kontrakwerkers Maandagaand gewelddadig geraak en verskeie mense beseer is.
Gedagte vir die dag: Tevredenheid vereis ’n leerproses
Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:11-13)