Tyd vir ʼn bykomende bonus vraag en antwoord uit Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Adam Tas.
Alles vir Woensdag 9 November 2016
Onnie gepos oor ‘mutasie’-uitlating
“Curro sien die inhoud van die [Facebook-] inskrywing in ʼn baie ernstige lig aangesien alle sosialemedia-aktiwiteite binne Curro deur ʼn omvattende interne beleid beheer word.”
Boek: Maestro
“Maestro” is werklik ’n roman vir ieder en elk wat hou van historiese fiksie – leesbaar én boeiend. En tegelyk ’n viering van kunstenaarskap en menswees
Die VSA-verkiesing in foto’s
Donald Trump is op 9 November 2016 verkies tot die 45ste president van die Verenigde State van Amerika.
Trump: Die begin van die einde van die Nuwe Wêreldorde?
Trump se verkiesing kan nietemin ʼn rewolusie veroorsaak.
Nóg ʼn polisieman sterf aan diens
Nog ʼn polisiebeampte van KwaZulu-Natal is doodgeskiet terwyl hy aan diens was, skaars ʼn week nadat ʼn polisievrou ook in die provinsie doodgeskiet is. Volgens…
Verlore trouring in die tuin gevind
ʼn 82-jarige man wat drie jaar gelede sy trouring verloor het terwyl hy tuingemaak het, het dit op ʼn onverwagse manier teruggekry.
Dewani se eks-minnaar dood aangetref
Die homoseksuele minnaar van die Britse sakeman Shrien Dewani, wat aangekla en vrygespreek is van die moord op sy vrou Anni, is dood in sy woonstel in Birmingham, Engeland, aangetref.
Kanada se immigrasie-webwerf breek tydens VSA-verkiesing
Kanada se immigrasie-webwerf het ineengestort weens ʼn hoë lading terwyl Amerikaners gewag het vir die uitslag van die presidensiële verkiesing.
Blokkasie in Jhb oorsaak van riool in Harties
Die departement van openbare werke het gesê hy sal saam met die Johannesburg-metro werk, nadat rou riool verlede week in die Hartbeespoortdam beland het.
Donald Trump: ‘Ek sal julle nie in die steek laat’
Donald Trump het, kort nadat hy tot 45ste president van Amerika verkies is, ʼn oorwinningstoespraak gelewer.
Aanvaller op Limpopo-kleinhoewe doodgeskiet
Die boer het omstreeks middernag wakker geskrik en ʼn onbekende man langs die bed in hul slaapkamer sien staan.
Uitspraak oor #FeesMustFall-leier se appèl teen borgtog
Mcebo Dlamini, voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Woensdag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, verskyn waar uitspraak gelewer is in sy appèl teen ʼn vorige hofbesluit om hom borgtog te weier.
[Video] Dié sambreel skrik nie vir wind, weer of swaar reën
Kom wind, kom weer, kom oseaan – die Duitse maatskappy Suprella het pas die sambreel herontwerp en dié nuwe ontwerp sal glo verseker dat jy nooit weer sukkel om ʼn sambreel vinnig oop en toe te vou en papnat word wanneer die reënwater op jou drup nie!
Maroela Motors-padtoets: Fortuner heeltemal vernuwe
Soos met die Hilux, is die nuwe 2.8 GD-6 dieselenjin van die Hilux ʼn juweel. Stil, sterk en lig op diesel. Menings verskil egter oor die Fortuner se ontwerp, skryf Brendon Staniforth.
‘Sjarrap en eet jou kos!’ ‘n radio-juweeltjie
Die teks is só lewensgetrou, dat mens nie anders kan as om te glo die skrywer moet eerstehandse ervaring hê van die belewenisse van kelners nie.
Onnie net oor vingers getik na ‘mutasie’-uitlating
Die onderwyser het op Facebook teen witmense uitgevaar deur te sê indien dit nie vir ʼn “genetiese fout genaamd mutasie was nie, sou die wit f*****s nooit bestaan het nie”.
Hofaansoek gebring om Abrahams en kie te skors
“Die president is by magte om hierdie beamptes te skors. Gegewe hul ooglopende mislukking, sal dit irrasioneel van hom wees om dit nie te doen nie.”
Waterspaar by die skool
Klop gerus aan by jou naaste skool (en dan sommer met ʼn 2 liter water onder jou kieliebak) en hoor hoe jy hierdie sentrum kan help…
Kiesers troef VSA-politiek met Trump-kaart
Donald Trump is Amerika se nuwe president.