Minstens een persoon is Woensdag dood tydens swaar reën in die Oos-Rand en sommige vlugte van OR Tambo Internasionale Lughawe word herlei.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 November 2016
Toeris verwoes standbeeld toe hy selfie neem
ʼn Toeris het ʼn 18de eeuse standbeeld in ʼn museum in Lissabon omgestamp toe hy ʼn foto van homself wou neem.
DA span die kar voor die perde in, sê ANC
Die ANC se parlementêre koukus het Woensdag gesê die Demokratiese Alliansie se voornemens, om Donderdag ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in te dien, is ʼn misbruik van die parlementêre stelsel en die kiesers.
Gewapende rower kritiek gewond in Durban
ʼn Gewapende rower veg Woensdag om sy lewe ná ʼn skietery met veiligheidswagte in Westmead-nywerheidsgebied in Pinetown, KwaZulu-Natal.
ANC gaan met veterane vergader
Die ANC het Dinsdag gesê hy gaan ʼn afvaardiging aanstel om met ontevrede partyveterane te vergader oor hul kommer ná onlangse uitsprake.
Die staat het jongmense in die steek gelaat, sê #FeesMustFall-leier
Mcebo Dlamini, studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand, het Woensdag buite die Palm Ridge-landdroshof gesê die staat het jongmense in die steek gelaat.
DStv: Jy kies dalk binnekort self
DStv wil sy intekenare al hoe meer as individue behandel, sê Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net.
ToekomsVenster: Vroegdag besig met God se Woord
Staan so ʼn bietjie vroeër op, God sal jou verras met sy teenwoordigheid en aanraking.
Boeke so belangrik soos borsvoeding
Die sleutel tot gesondheid en intellektuele ontwikkeling lê in die eerste 1 000 dae van ʼn kind se lewe opgesluit.
Oud-hoof van Valke nou aan stuur van teenkorrupsie-eenheid
“Daar is korrupsie in byna al die departemente in die stad aanwesig. Selfs die poste vir lae-vaardighede is verkoop. Dít is hoe erg die situasie is.”
[Resep] Gemmer- en koringbier
Jy kan ook gemmerbier van die basiese koringbier-resep maak.
Ma, kind (2) se lyke langs toilet gevind
Die liggaam van ʼn 28-jarige vrou en dié van haar tweejarige dogter is Dinsdag langs ʼn toilet in ʼn huis in Noordwes gevind.
Die wêreld in foto’s – 9 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ma vas wat tuisgemaakte etes op Facebook verkoop
ʼn Vrou van Kalifornië is in hegtenis geneem en kan moontlik tronkstraf opgelê word nadat sy tuisgemaakte etes op Facebook verkoop het.
Bestuur só jou skool se geld selfstandig
Die Solidariteit Beweging het gisteraand ’n fondsbestuurgids bekendgestel wat deur skole en ouers gebruik kan word om meer selfstandig te wees wat die bestuur van geld in skole betref.
Video: ‘Jy soen my nie meer nie’ herleef op Zoid Afrika
Dis byna ʼn dekade gelede dat Lianie May se treffer “Jy soen my nie meer nie” een van die redes was waarom dié plaasmeisie ʼn pop-sensasie geword het. Dié liedjie het egter Dinsdag nuwe lewe gekry in die jongste episode van Republiek van Zoid Afrika en ʼn verwerking daarvan, deur Lianie en Karen Zoid, pronk weer bo-aan die iTunes-trefferslys.
Vrou se lyk gevind: Man steeds soek
Volgens die polisie is die ontdekking van die vrou se liggaam deur verskeie vreemde gebeure voorafgegaan.
Skoolkinders siek van lekkernye
Nagenoeg 20 leerlinge van ʼn laerskool in Johannesburg is Woensdagoggend na hospitale in die stad geneem nadat hulle glo iets verdags geëet het.
Heelwat op die spel in groter Nedbank-gholftoernooi
Die grootste Nedbank-gholftoernooi nóg begin Donderdag op die Gary Player-gholfbaan by Sun City as voorloper vir die finale toernooi van die 2016 Europese reeks in Dubai, waar die voorste geldwenner in die reeks onder meer bepaal sal word.
Nuuskommentaar: Van Trump Tower na Trump State
Dit is hopeloos voortydig om te probeer voorspel hoe suksesvol Donald Trump se presidentskap sal wees. Talle realiteite laat dikwels verkiesingsbeloftes in die slag bly, en dit kan ’n groot verskil maak.