Volgens die departement moet die publiek genoeg tyd gegun word om insette te lewer, sodat die wetsontwerp “die gesamentlike wysheid van die land reflekteer” wanneer dit by bestaande wetgewing ingesluit word.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 November 2016
Polisie ondersoek minister se ‘renoster-bande’
Die presidensie het Donderdag bevestig die polisie ondersoek bewerings dat David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, bande met ʼn renosterstropingsindikaat het.
Video: Universiteite se geldsake is beroerd
Universiteite is nie finansieel gereed vir die nuwe akademiese jaar nie. Dit was van die onthullings tydens Statistieke Suid-Afrika se voorlegging in die parlement.
Staatsgetuie in Panayiotou-moordsaak ‘vyandig’ verklaar
Die beweerde middelman in die Jayde Panayiotou-moordsaak is moontlik kwytskelding op die aanklagte teen hom kwyt, nadat hy Donderdag as ʼn vyandige getuie verklaar is…
‘Gee OG meer mag’ vra ANC-LP
Kimi Makwetu, die OG, het Woensdag sy jaarverslag bekend gemaak en gesê onreëlmatige uitgawes het tot R46,36 miljard gestyg in die afgelope boekjaar.
‘Rassistiese’ generaal by MRK aangekla
“Sy het opleidingspersoneellede na die verhoog ontbied en vernederende opmerkings oor hul kleredrag en gewig gemaak, waarna sy verskeie rassistiese opmerkings gemaak het, soos dat daar te veel wit gesigte in opleiding is.”
ToekomsVenster: Hy is altyd getrou
Hy is meer getrou en betroubaar as ons eie asemhaling. Maar Hy is en bly God, die gans andere – misterieus, onverstaanbaar en hoog bó die geskape werklikheid.
Video: Derby-Lewis praat oor sy laaste wens
Clive Derby-Lewis het in die laaste onderhoud voor sy dood vertel van sy lewe nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is.
ANC-hoofsweep eis R1 miljoen van Hlaudi
Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, sleep die SAUK se Hlaudi Motsoeneng hof toe oor “kwaadwillige en lasterlike bewerings” wat Motsoeneng teen hom gemaak het.
Vrou sterf ná aanval op Sundra-kleinhoewe
Die vrou wat Vrydagaand tydens ʼn huisroof op ʼn kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga in ʼn hondehok van haar aanvallers moes wegkruip nadat sy geskiet is, is oorlede.
Gemeenskap ‘ongelooflik’ in soektog na vermiste Pta-ma
Terwyl haar familie saam met die gemeenskap na haar help soek, sit haar lewensmaat, Christo en haar ma, Franci Venter, elke dag by die soekgeselskap en wag vir nuus.
Wetsontwerp teen rassisme in wese “siek”
“ ʼn Wet soos hierdie moet ʼn Julius Malema tronk toe stuur. ʼn Wet soos hierdie moet sorg dra dat iemand soos Julius Malema sy rooi oorpak vir ʼn oranje oorpak verruil.”
Het jy my skildery gesien?
Brits het dié skildery, waarvoor hy voorheen R3 000 aangebied is, maande gelede as ʼn guns aan ʼn skoolvriend geleen vir ʼn Junior-stadsraaduitstalling, maar die skildery het intussen voete gekry.
AfriFoon stel eerste Afrikaanse eenstopselfoondiens bekend
AfriFoon het pas die eerste eenstopselfoondiens geword wat selfoondienste uitsluitlik in Afrikaans aanbied.
40% Japannese slaap minder as 6 ure per nag
ʼn Rekordgetal 39,5% van inwoners in Japan slaap minder as ses ure per aand, volgens ʼn jaarlikse opname deur die ministerie van gesondheid.
Die wêreld in foto’s – 17 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Geliefde polisievrou se moordenaar steeds op vrye voet
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn polisiebeampte van Vanderbijlpark se liggaam Dinsdagoggend in haar huis aangetref is nie.
Derde Phalaborwa-ontsnapte vasgetrek
Die derde verdagte wat verlede Donderdag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap het, is Woensdagaand in die gebied aangekeer.
Taalgebruik: grootword, groot word
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “grootword” en “groot word”
DA-leier gekap oor twiet
ʼn Twiet van die DA-leier Mmusi Maimane het verskeie sosiale media-gebruikers warm onder die kraag terwyl sy woordvoerder meen dit is “onbenullig” binne die groter prentjie van wat in die land aangaan.