Die Proteas het Woensdagaand in Southampton weer teleurgestel toe Engeland hulle met nege paaltjies en met nog 33 balle oor ʼn deeglike krieketles in die eerste van drie T20-wedstryde geleer het.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Junie 2017
Ierse flank O’Mahony is kaptein teen die All Blacks
Die Ierse flank Peter O’Mahony sal die Britse en Ierse Leeus Saterdag in die eerste toets teen die All Blacks in Auckland aanvoer.
Jong Rieko Ioane bo Savea vir toets teen Leeus gekies
Die Nieu-Seelandse afrigter Steve Hansen het sy veteraankaptein Kieran Read en die jong Rieko Ioane vir sy eerste opdrafkans gekies vir Saterdag se toets teen die Britse en Ierse Leeus op Edenpark.
[Foto’s en video] Bloemfontein-stadsaal in ligte laaie
Brandbestryders is steeds besig om vlamme te blus nadat die stadsaal in Bloemfontein Woensdagaand vermoedelik deur stakende munisipale werkers aan die brand gesteek is.
Leeus kies twee Bokke en ʼn Blitsbok teen die Blou Bulle
Die Goue Leeus is duidelik ernstig oor die Supersportreeks. Dít kan ʼn mens aflei van die span wat hulle gekies het om Vrydagaand (17:00) in die Orlandostadion in hulle laaste groepwedstryd teen die Blou Bulle te speel.
Groot kommer oor derde van munisipaliteite
ʼn Derde van Suid-Afrika se 263 munisipaliteite kan moontlik in die toekoms nie meer finansieel lewensvatbaar wees nie, volgens die jongste ouditresultate wat Woensdag bekendgemaak is.
Man ‘het nuwe uitkyk op die lewe’ ná gasontploffing
“Ek het vir my vrou gesê, ek kan nie glo ek het lewend hieruit gestap nie.”
‘Huurmotor was meters vanaf Jayde se liggaam’
ʼn Data-ontleder het gebruik gemaak van ʼn geografiese inligtingstelsel en selfoondata om die bewegings te bepaal van die huurmotor waarmee Jayde Panayiotou twee jaar gelede na bewering ontvoer en vervoer is voordat sy vermoor is.
Munisipale beamptes vas vir bedrog van R9,8 mil
ʼn Voormalige senior beampte van die Ga-Segonyana plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met bedrog van R9,8 miljoen.
Boeremag: Pa en seuns nader grondwethof
Die pa en seuns is in 2012 saam met 17 ander mans in die hooggeregshof in Pretoria aan hoogverraad skuldig bevind.
Drie sterf toe bakkie rol
Drie mense is dood en vyf ander beseer toe ʼn vragmotor en ʼn bakkie Woensdagmiddag by ʼn verkeerskruising in Bloemfontein gebots het.
ToekomsVenster: Absurdheid
Here, ek weet U is in my dal van doodskaduwee, U is by my as my vyande rondom my is. Help my om by ander te wees soos wat U by my is.
Tiener in hof vir moord op ‘swanger’ meisie
Die 17-jarige seun van Limpopo wat in hegtenis geneem is vir die moord op sy 14-jarige meisie wat glo swanger was, het Woensdag in die hof verskyn.
Ouers dagvaar oor tiener wat sterf ná besoek aan pretpark
Die 18-jarige is 11 dae ná haar besoek aan dié pretpark oorlede.
Griekwasliga: Nuweling haal Superliga-halfeind
Daar is vanjaar ʼn nuwe span tussen die vier wat Saterdag in die halfeindstryde van Griekwas se Superliga sake gaan uitspook.
Man wat hom as prokureur voordoen gesoek
Die Valke in Noordwes is op soek na ʼn man wat homself as ʼn prokureur voorgedoen en selfs ʼn moordverdagte in ʼn hof verteenwoordig het.
Luiperdsliga: dieselfde twee betwis Jaap Steyn
Dieselfde twee spanne wat verlede jaar die eindstryd om die Luiperds se Jaap Steynbeker betwis het, spring weer vanjaar aanmekaar.
Rowers deur polisie doodgeskiet
“Die beamptes het die voertuig gewaar en agternagesit. Die verdagtes het hierna op die polisiebeamptes losgebrand.”
Griffons-Oos: sake loop skeef vir kampioene
Vanjaar se Griffons-Oos-ligas het allermins vir die verdedigende kampioene verloop soos hulle dit sou wou hê.
Twee liggame in damme gevind
Die liggaam van ʼn man in sy 30’s Saterdagoggend in die dam by die Kestell-gholfklub gesien dryf. Die ander in ‘n dam langs Rosendal se rioolaanleg.