Die 26-jarige hoërskooljuffrou se liggaam is met agt steekwonde aangetref.
Alles vir Woensdag 14 Maart 2018
Gedig: Elementêre huis
“Ek wil graag vir jou ‘n huis bou. ‘n Huis – nie ‘n woning nie – ‘n woning is te deftig; nee, ‘n huis.”
Vandag se sportnuus
By die Indian Wells-toernooi in Kalifornië is die tweede gekeurde Marin Čilić asook die vyfde gekeurde Dominic Thiem uitgeskakel en in Superrugby word sewe wedstryde die komende naweek gespeel.
Soveel dok belastingbetalers op vir Zuma se regskoste
“Aangesien die geld deur die presidensie bestee is, doen ons ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om by ons regsaksie aan te sluit om die geld van Zuma te verhaal.”
Stephen Hawking sterf
Stephen Hawking, wêreldbekende fisikus, het in die ouderdom van 76 gesterf.
Man dood aangetref in bakkie langs hoofweg
Die man het verskeie skietwonde aan sy kop opgedoen.
Die revolusionêre plofkrag van ongelykheid en grondbesit
Slegs ’n stiksienige sal kan volhou dat die grondkwessie sommer ’n klomp onsin is en dat die besetters eenvoudig ’n hardhandige les geleer moet word en basta.
Eerste geval van listeriose in Namibië aangemeld
Die man (41) het dit glo opgedoen deur middel van besmette weense worsies.
Vrae oor wettigheid van VBS-lenings geopper
VBS is veral bekend daarvoor dat hy huislenings aan plattelandse kliënte en kleinsake-ondernemings verskaf het.
Ek sien u wil die Potch-kampus Engels maak …
“Potchefstroom – die laaste plek waar Afrikaans as tersiêre taal in ’n openbare ruimte primêr gebruik word – is al wat oor was. Nou wil julle dit ook wegneem. Dit plaas Afrikaans op die kampus in die laaste loopgraaf. Iets wat ’n geveg verdien.”
Afrikaans as wetenskapstaal en hoe die publiek bedien word
Afrikaanssprekendes in professionele beroepe kan beide Afrikaanse en Engelssprekende lede van die publiek bedien, maar watter impak het die verwydering van Afrikaans as onderrigtaal aan universiteite hierop? Adv. Albert Lamey neem die kwessie onder die loep.
Gedagte vir die dag: Geskenke en gasvryheid
Toe Jesus sien dat almal wat na die ete genooi was, naby die kop van die tafel probeer sit, het Hy hulle hierdie raad gegee: “As julle na ’n bruilof genooi word, moenie altyd die beste plek uitsoek nie. Wat as daar iemand belangriker as jy ook genooi is? (Lukas 14:7-8)