Twee topklubs raak slaags om ʼn legende te eer; ʼn provinsiale klubkampioen kry vroeg-vroeg slae; klubs verras in die Bulle se Carltonliga en die oorgrens Superliga; en ʼn Kaapse klub maak ʼn plan met die gewestelike waterskaarste.
Alles vir Woensdag 14 Maart 2018
Waarom die baie Bok- en ander beserings?
ʼn Kykie na die beseringslyste van Suid-Afrika se voorste spanne maak nie goeie leesstof nie.
Gevangene in tronk doodgesteek
“Die oorledene het ernstige steekwonde aan sy nek opgedoen en is op die toneel dood.”
Student glo op Wes-Kaapse kampus verkrag
Die vrou het na ʼn universiteitskoshuis gestap om na haar vriendin te gaan soek toe die verdagte aangebied het om saam met haar te stap.
Betogers maak amok by Pta-ouetehuis
“Van die mense het die ouetehuis binnegegaan en van die personeel uitgejaag en weier sedertdien dat hulle teruggaan in die gebou om na die bejaardes om te sien.”
Afrikaans is Groot op pad na die Moederstad
Die gewilde musiekproduksie Afrikaans is Groot word dié naweek by die Grand Arena by Grandwest Casino in Kaapstad aangebied.
Drieling word hoofleiers van skool
“Ek het nie eens geweet of ek hulle gaan kan grootmaak nie, en hier staan al drie my kinders as hoofleiers van hul skool!”
Mark ‘te gekonsentreerd’ vir laer datakoste
“Dit is onwaarskynlik dat ons aggressiewe kompetisie gaan sien as ons nie die sektor meer oopmaak vir nuwe toetreders nie.”
Kwagga gee ʼn tree nader aan die Springbokspan
Jare gelede, toe Kitch Christie nog Transvaal se rugbyspan afgerig het, het hy op ʼn dag by ʼn oefening gesê hy sou wat wou gee om die Engelse flank van Leicester Neil Back af te rig en in sy span te hê.
Ghoemas 2018: Hier is die benoemings
Kunstenaars soos Elandré, Jo Black, Elvis Blue, Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld en Irene-Louise van Wyk is almal vir dié gesogte musiektoekenning benoem.
Uitspraak oor politieke partyfinansiering voorbehou
Die DA, wat een van die respondente in die oorspronklike hofaansoek was, het gesê sommige van sy donateurs sal verkies om nie openbaar gemaak te word nie uit vrees vir diskriminasie.
Miljoene stroom na kiesstasies
Daar is nou altesaam 26,2 miljoen kiesers in Suid-Afrika geregistreer.
Gesin op Pta-kleinhoewe oorval, vasgebind
ʼn Gesin van ses is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Centurion aangeval en beroof in ʼn gebied waar daar tans hoë spanning heers weens dreigende onwettige grondgrypgevalle.
Stephen Hawking: ‘Wat ʼn merkwaardige lewe’
“Jy kan amper voel dat die wêreld minder helder, ʼn minder ongelooflike plek vandag is.”
Paspoort-video: Minister gryp in
Sosialemediagebruikers het intussen uitgevaar oor die video met talle wat meen dit is ʼn alledaagse gesig wanneer dit kom by diens deur staatsamptenare.
Waldo oor wiskunde: Wie het wiskunde gemaak?
Wat ek graag vandag vir al die Waldo’s wil sê, is wiskunde is ’n “taal” wat ons praat om verskynsels en probleme mee te definieer en op te los. Wiskunde, soos enige taal, moet so veel as moontlik gepraat, geskreeu en gesing word. Wiskunde is net soos Afrikaans, Grieks en Spaans taai om aan te leer en nog moeiliker om te bemeester.
Boek: Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer
Maak ʼn toespraak. Ontydig en dikwels sonder waarskuwing word mens gevra om “iets te sê”. Waar begin jy?
Nuuskommentaar: Gaan Rexit vir Trump beveilig?
Die wêreld kan effe groter veranderinge te wagte wees weens pres. Donald Trump se vervanging van Rex Tillerson met Mike Pompeo as minister van buitelandse sake.
Resep: Pizza
Pizza-maak is ʼn heerlike aktiwiteit waaraan die hele gesin kan deelneem.
Ondersoeker molesteer glo ook seksklag-slagoffers
Die twee beweerde slagoffers is gr. 3-leerders, onderskeidelik sewe en agt jaar oud.