“Ons kon nie nee se nie. Dit was nie ons besluit nie.”
Alles vir Donderdag 19 April 2018
Ligloop vir dié vlieg se larwes
Inwoners van die Jakarandastad het hierdie jaar dalk meer as een rede om ʼn vroeë winter te verwelkom: Die koeler, droëer weer sal onder meer klaarspeel met die besmetting van mangovlieglarwes wat al meer mense en troeteldiere in die stad teister.
Superrugby: Lions moet Waratahs-stoomtrein keer
Stop die lorrie!
Tronkbevolking styg weer ná aanvanklike daling
Daar is tans 164 000 gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke. Aangesien daar eintlik net plek vir 118 000 gevangenes landwyd is, is daar ʼn oorbevolking van 46 000 prisoniers.
KZN-plaasaanval: ‘Man het nie geweet vrou is vermoor’
Die man wat Woensdagaand deur drie aanvallers op ʼn plaas in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal oorval en erg aangerand is, het glo nie geweet dat sy vrou teen daardie tyd reeds vermoor was nie.
Molefe moet opdok, eis Solidariteit
“Molefe het homself doelbewus ten koste van Eskom en die belastingbetalers verryk en die tyd het nou aangebreek dat hy moet betaal vir sy korrupte dade.”
Vrou (43) halfpad uit vliegtuigvenster ‘gesuig’
“Die gebreekte venster het veroorsaak dat al die suurstof uit die kajuit ontsnap het … daar was oral bloed.”
Bekendstelling: Dít is nou Duitse perfeksionisme
Die meeste mans dink hulle is Michael Schumacher se eweknie … maar in werklikheid is dit nogal ver van die waarheid. Party motors masseer mens se ego en laat jou dink jy’s ʼn legende agter die stuur, Brendon Staniforth.
Vakbond onthul dossier oor Denel-wanbesteding
Die vakbond Solidariteit het Donderdag in ʼn verslag getiteld die Denel-dossier onthul dat die topbestuur van Denel verlede jaar tot 60%-verhogings ontvang het te midde van ʼn ernstige likiditeitskrisis by die wapenvervaardiger sedert 2016.
Video: Vars gesigte skitter by ‘Wonderlus’-première
Bekendes soos Simoné Nortmann, Mila Guy en Stiaan Smith gee raad oor wat om nié by ʼn troue te doen nie.
Tienerseuns by skool in hegtenis geneem
“Dit volg ná ʼn onderwyseres iets in die 15-jarige leerder se broeksak opgemerk en hy geweier het om die item te oorhandig toe sy daarna vra.”
Politieke vonke spat in Noordwes
Ongelukkigheid oor premier Supra Mahumapelo is glo die rede vir geweld in die provinsie wat daartoe gelei het dat verskeie voertuie aan die brand gesteek is, paaie versper is en die NWU se Mahikeng-kampus gesluit moes word.
Krugerwildtuin toets olifante vir tuberkulose
Daar is meer as 15 000 olifante in die Krugerwildtuin.
Gerrie Nel wil Malema vervolg
Malema het vinnig op sy Twitter-profiel op AfriForum se aankondiging gereageer.
Kommissie beslis oor Tumi se downsindroom-uitlatings
Die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) het uitspraak gelewer oor klagtes rakende die komediant Tumi Morake se uitlatings oor downsindroom.
Resep-video: Pannekoek-koek
Twee van Suid-Afrika se gunstelinglekkernye, pannekoek en melktert, kom byeen! Beproef dié koek om die ou bekendes ’n nuwe twist te gee.
Taalgebruik: op pad
Is dit “op pad” of “oppad”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Man op M1 doodgeskiet: ‘Hy is ingewag’
“Hulle het die motor aan die kant van die pad geparkeer, oor die pad gestap, die slagoffer ingewag en deur sy oop ruit losgebrand.”
Nuuskommentaar: Julius ‘Mafiosi’ Malema
Is daar iets diepers te put uit die EFF se aanspraak dat ’n sluipmoord op Julius beplan word – iets wat die polisie ernstig opneem? ʼn Bietjie laatnag-kopkrappery, of soos die Nederlanders sê, agter-die-ore-krappery, bring interessante moontlikhede na vore. ’n Vreemde legkaart ontvou.
Boek: Riempies en Rampies
Wanneer Riempies en Rampies mekaar ontmoet, ontaard dit in ‘n groot gestoeiery. Wat hulle nie besef nie is dat hulle kort-kort aan Koningin Rooiby en haar manne se nes stamp. Die Rooibye werk elke dag baie hard, maar nou word hulle net té veel gepla.