Roodt wys daarop dat veral vervoerkostes opgejaag word, wat noodsaaklike produkte se pryse gaan laat styg.
Alles vir die maand April 2018
Meer as duisend sonder krag weens tendergeskil
“Die syfer [persone sonder krag] sal aanhou styg indien hierdie situasie nie binnekort opgelos word nie.”
Man kritiek toe motor hom in botsing van leer af slinger
ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy van ʼn leer afgeslinger is toe ʼn motor die leer getref het.
Internasionale erkenning vir nuwe afstandsonderrigstelsel
Tuisonderrig is in 1996 in Suid-Afrika as wettig verklaar en raak sedertdien al hoe meer gewild. FutureLearn, ’n afstandsonderrigverskaffer vir leerders in die skoolfase, beraam dat daar tans nagenoeg 90 000 tuisonderrigleerders in Suid-Afrika is, waarvan meer as 16 000 van hulle produkte en dienste gebruik maak.
Imperial: Sakeraad eis dat koppe rol ná diskriminasie
Dít volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof vroeër vandeesweek beslis het dat Mark Lamberti skuldig was aan diskriminasie nadat hy na ʼn senior en ervare vrouepersoneellid as “ʼn vroulike gelyke indiensnemingskandidaat” verwys het.
Moet op prinse nie vertrou nie
Aan die anderkant moet diegene wat agterbly weet dat ’n groot opdraande stryd voorlê. Suid-Afrika gaan sy eie probleme moet oplos. Ander lande se polisie en weermagte gaan ons nie te hulp snel of gemeenskappe kom beveilig nie.
Verbruikersake: Wanneer herstelwerk nie werk nie
Verbruikers kan staatmaak op hul regte wat in die Wet op Verbruikersbeskerming beskerm word as dit by herstelwerk kom. Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen as herstelwerk nie werk nie.
Waar het sake vir Ramaphosa verkeerd geloop?
Die BBC-joernalis Jeremy Thompson het ‘n paar weke gelede op Stellenbosch gesê ons weet almal Ramaphosa was ‘n goeie onderhandelaar, maar nou sal ons moet sien of hy ‘n goeie leier is. Die huidige aanduidings lyk nie baie goed nie.
Gedagte vir die dag: Kentekens
Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. Laat ons dan feesvier … met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid (1 Korintiërs 5:7-8)
Eiendomsikoon Pam Golding oorlede
Suid-Afrika se eiendomsikoon en sakevrou, Pam Golding, is Dinsdag oorlede by haar Wittebomen-huis in Constantia, Kaapstad.
Jan Taks samel meer belastinggeld in as verlede jaar
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Dinsdag gesê hy het 6.3% meer belasting ingesamel as verlede jaar.
Nuwe polisiekommissaris in die Vrystaat aangestel
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat het Dinsdag ʼn nuwe polisiekommissaris in dié provinsie aangekondig.
Party vra Vrouedag moet na Winnie vernoem word
Die Forum 4 Service Delivery het gesê Vrouedag moet na Winnie Madikizela-Mandela vernoem word, om haar bedrae, tot Suid-Afrika se struggle na vryheid, te eer.
Tiener se moord regstreeks op Instagram uitgesaai
Owerhede het gesê twee 18-jariges in Detroit in Michigan, VSA, het regstreeks op Instagram geld en ʼn vuurwapen vir kykers gewys toe een van hulle die ander een in die agterkop doodgeskiet het.
Sisulu blind vir plaasaanvalle, sê VF Plus
Die ANC se blinddoek-benadering tot die vlaag plaasaanvalle in die land laat ʼn veiligheidsleemte op plase wat tans handuit ruk, sê die VF Plus.
Man gevonnis ná moord op eksmeisie
Eugene Stander is in die Wes-Kaapse hooggereghof gevonnis op aanklag van die moord op sy eksmeisie, Shantel Zeelie.
ToekomsVenster: Wie is hierdie mense saam met jou?
Wat is daar in jou mondering, menswees en spasie wat nie van God verteenwoordigend is nie? Waarvan moet jy ontslae raak omdat dit bedenklike sekuriteit verteenwoordig?
SA het eerste suiwer ANC-kabinet
So in die harwar van die Ramaphosa-bewindsaanvaarding het ‘n geskiedkundige oomblik die meeste Suid-Afrikaners verbygegaan: Suid-Afrika het sy eerste volkome ANC-kabinet, waarin niemand van ‘n opposisieparty dien nie, gekry.
Gholf: Wie dra die groen baadjie vanjaar?
Die eerste groot gholftoernooi van die jaar, die Amerikaanse Meesters, begin op 4 April op Augusta in Georgia met die syfer drie- kompetisie wat gespeel word.
Ontblotende reaksie op Winnie Mandela se dood
Politieke partye se reaksie op die dood van die omstrede politikus Winnie Madikizela-Mandela kan gesien word as ʼn duideliker weerspieëling van hul eie politieke posisie as dié van Madikizela-Mandela.