“Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas” is ’n móét vir elke hekel-entoesias of jy nou ’n ywerige beginner of ’n bedrewe kundige is. Dit is ’n allesomvattende verwysingsgids en perfekte naslaanbron wat jou leer hoe om dié gewilde hekeltegniek baas te raak.
Alles vir Donderdag 27 September 2018
Wes-Kaap sê nee vir Aarto-wet
Die wetsontwerp het ʼn strafpuntestelsel voorgestel wat kon lei tot die opskorting of moontlike kansellasie van ʼn motoris se bestuurslisensie indien die persoon oortree.
Net span al nouer om Guptas
Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het verdrae oor uitlewering en gemeenskaplike regsbystand oor strafregtelike kwessies onderteken.
Boek: Jinx
ʼn Opwindende jeugverhaal vir meisies!
Maatskappynuus: Capitec se wins styg; Pepkor gaan hof toe
Capitec bank het Woensdag aangekondig dat sy wins in die eerste helfte van die huidige boekjaar met 20% opgeskiet het.
Verbruikersake: Kies reg met skuldberading
Skuldberading is een uitweg vir verbruikers wat raadop is, maar dit is belangrik om die proses reg te benader. Ina Opperman het by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) gaan raad vra.
Gee jou kind vlerke in sy moedertaal
Wil jy werklik jou kinders vlerke gee om sukses te behaal? Gee jou kind sy moedertaal!
Ses vas ure ná rowers op sakeperseel toeslaan
Nadat die werknemers vasgebind is, het ʼn vragmotor die perseel binnegekom en die rowers het begin om goedere op die voertuig te laai.
Vandag se sportnuus
Die spanne vir ronde vyf van die Rugbykampioenskap word vandag bekend gemaak. Die groot vraag in die Springbokkamp is wie losskakel gaan speel en wie die senterpaar sal wees.
Trein ontspoor buite Pretoria
Metrorail-treindienste in Gauteng sal vanoggend ontwrig wees nadat ʼn trein Woensdagaand noord van Pretoria ontspoor het.
Kinders kom op baba se liggaam af
Die kinders het glo in die gebied gespeel toe hulle die baba se liggaam opgemerk het.
Probleme met betrekking tot ʼn gebalanseerde skoolleerplan
Hierdie vrae bied nie ʼn oplossing vir die probleme ten opsigte van ʼn gebalanseerde skoolkurrikulum nie. Maar dit bepleit ʼn ernstige strewe na balans en objektiwiteit. ʼn Gebrek aan balans sluip maklik in. Ek het my al self onbedoeld aan ʼn gebrek aan balans skuldig gemaak.
Gedagte vir die dag: Versprei lewenslus
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is. (Spreuke 4:18)