Kan pres. Ramaphosa die fyn voetwerk bemeester wat nodig is om die land, die ANC en homself veilig te hou? Hy moet belangrike keuses doen wat nie almal tevrede gaan hou nie.
Alles vir Dinsdag 13 November 2018
4Werke tree toe tot die Top-20
4Werke is terug met ’n splinternuwe album wat binnekort bekendgestel gaan word en hul nuutste enkelsnit betree die week se Top-20
Polisiebeamptes help glo vragmotor kaap
“Gauteng se polisiebestuur was teleurgesteld om te verneem dat die twee polisiebeamptes in volle uniform en in ʼn gemerkte polisievoertuig die vragmotor begelei het nadat dit na bewering gekaap is.”
Matrieks verlig oor vraestel twee se lang vraag
Matrieks het ’n sug van verligting geslaag oor die lang vraag in lewenswetenskappe se tweede vraestel.
Wanneer is die regte tyd vir ʼn kêrel of ʼn meisie op kampus?
Dit val nie almal te beurt om te kan gaan studeer nie – dis ʼn groot voorreg. Gebruik hierdie tyd om regtig te werk aan jou toekoms en te fokus op jou studies. Fokus op vriendskappe en maak herinneringe
Vandag se sportnuus
Vandag speel Suid-Afrika se Kevin Anderson teen Key Nishikori en Roger Federer teen Dominic Thiem.
Drie vas ná moord op onnie, huishulp
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn onderwyser en haar huiswerker van KwaZulu-Natal.
Seuntjie sterf dae ná slang hom pik
“God het ons seun huis toe gevat. Hy is nou by sy ware Vader waar hy al die liefde van God se koninkryk beleef.”
Nog ʼn Welkom-vrou vermis
ʼn Vrou van Welkom in die Vrystaat word vermis nadat sy haar kind Maandag by die skool afgelaai het.
Gedagte vir die dag: Laaste ete
Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het. (Matteus 6:11)