Tugstappe sal gedoen word teen Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, ná hy gejok het oor sy kriminele rekord, kragtens ʼn aanbeveling deur die Openbare Beskermer, het die presidensie Maandag gesê.
Lees meerAlles vir Maandag 11 Februarie 2019
Volle eiendomsreg aan Soweto-ondernemings, sê Mashaba
Altesaam 36 sake-eienaars en nieregeringsorganisasies in Soweto het Maandag titelaktes deur die grondreguleringsprogram van die Johannesburgse eiendomsmaatskappy ontvang, het burgemeester Herman Mashaba gesê.
Ballonne-afskeid vir Hoërskool Driehoek
“1 Februarie sal altyd ’n hartseer dag bly.”
‘Ek was verkeerd oor Zuma-klagtes’
Willie Hofmeyr, adjunk- Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), het Maandag gesê hy was verkeerd toe hy ʼn besluit ondersteun het om korrupsieklagtes teen oudpresident Jacob Zuma terug te trek.
Sakekamer besorg oor beurtkrag
Eskom pas fase 4-beurtkrag toe ná fase 2-beurtkrag Sondag toegepas is. Die kragvoorsiener het onverwags ses bykomende kragopwekkers verloor en moes ʼn aanpassing maak in die beurtkragfases.
17-jarige by skool aangeval
ʼn 17-jarige skolier, in graad 9 aan die Trenance Park Secondary School in Verulam in KwaZulu-Natal, is herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp aangeval, vermoedelik uit wraak.
Verkiesingstryd begin met parlementsdebat
Die vonke gaan van Dinsdagmiddag af behoorlik spat wanneer die debat oor die staatsrede in die Nasionale Vergaderingsaal van die parlement in Kaapstad plaasvind.
Ma in hof oor tweejarige se dood
Alidin Goedeman (33), wat daarvan beskuldig word dat sy haar tweejarige seuntjie met ʼn klip doodgeslaan het, het Maandag vlugtig in die Springbok-distrikshof in die Noord-Kaap verskyn.
DA se planne vir koalisieregerings
Maroela Media wou by Maimane weet wat die DA se strategie sou wees indien die ANC nasionaal of in sommige provinsies minder as 50% van die stemme trek.
ToekomsVenster: Die aanstelling van die twaalf apostels
Jy is geroep, word geroep, hoor jou naam. Die Messias roep, volg my.
Komediante samel ook geld in ná Driehoek-tragedie
Schalk Bezuidenhout en sy grapjasvriende in die vermaakbedryf bied eersdaags twee aanbiedings aan waarvan die totale opbrengs aan die Hoërskool Driehoek geskenk sal word.
Girokopter-slagoffer was bekende liedjieskrywer
Hy het verskeie internasionale treffers gekomponeer vir sterre soos Tom Jones, Engelbert Humperdinck, Cliff Richard, The New Seekers en Demis Roussos.
Foto’s: Só lyk bekendes by Baftas
Prins William, president van Bafta, en sy vrou Catherine, het ook die geleentheid bygewoon.
Pasop voor jy daardie hoofpynpil uitdeel
Mag ek vir ʼn kollega of ʼn siek kind by die skool medikasie gee? Lees hier wat sê die wet.
Matriekseun nog te swak vir operasie ná ongeluk
“Sy ouers sê hy lyk vandag moeg en praat minder.”
Niemand nog vas ná egpaar by plaashek geskiet word
Die vrou, wat glo ver swanger is, het agter die stuurwiel ingespring en is in dié proses in haar rug en hand geskiet. Sy het weggejaag met hul drie kinders in die motor.
Gesoek: Nuwe baas vir Jan Taks
Gedurende sy staatsrede verlede week het Ramaphosa onderneem om die Nugent-kommissie se aanbevelings oor SAID in werking te stel. Een van Nugent se aanbevelings was dat daar ’n inspekteur-generaal met ondersoekmagte by SAID aangestel moet word.
Foto’s: Sterre mooi getooi vir die Grammy-toekennings
Miley Cyrus, Lady Gaga en Janelle Monáe is as van die besgeklede sterre aangewys.
Saak teen modelbaas wéér uitgestel
Die vonnisverrigtinge in die saak teen Dawie de Villiers, die Kempton Parkse modelbaas, is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg vir die soveelste keer uitgestel.
Vernoem ʼn kokkerot na jou eks!
As jy nog omgekrap is oor ʼn vorige romantiese verhouding wat verbreek is, dan kan jy dié Valentynsdag iets spesiaal doen.