Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se elektriese e-tron GT, gaan ry met die Chery Tiggo 8 Pro en rits rond met Suzuki se Celerio.
Alles vir Vrydag 13 Mei 2022
Resep-video: Kondensmelk-melkkos
Daar is niks beter as ʼn smaaklike bak romerige melkkos op ʼn wintersdag nie. Hierdie is ʼn resep wat jy gerus as van jou gunstelinge kan bêre.
Rowers dreig vrou met amputasie
Die verdagtes is steeds soek en word as uiters gevaarlik bestempel.
‘Koop ons inentings’ smeek Ramaphosa
Volgens Ramaphosa gee internasionale organisasies baie geld vir entstofvervaardigers van Afrika, maar koop dan nie entstowwe van hierdie vervaardigers nie.
Oud-veiligheidswag gevonnis ná hy geldsak steel
Johan Venter (31) is daaraan skuldig bevind dat hy in November 2021 ’n sak met R100 000 van sy werkgewer gesteel het.
Kuba-skenking: ‘SA kan nie oë sluit’ – Pandor
“Kuba het ’n deurslaggewende rol gespeel om die gety teen ons koloniale onderdrukkers te laat draai. Dit sou onregverdig en oneties wees om die rug op hulle te keer in die uur van hul grootste nood.”
Twee gevonnis vir moord op Welkom-man
Die twee mans wat Neil Horrocks in November 2018 in Welkom in die Vrystaat vermoor het, is swaar gestraf.
Klagtes by bankombud: Hoe vaar jou bank?
Hoewel die meeste klagtes in die guns van banke beslis is, het die bankombudsman klante steeds gehelp om meer as R19 miljoen deur dispuutbeslegting terug te kry.
Nog twee vas ná diefstal van R103 miljoen van Absa
Nog twee beskuldigdes het Donderdag in die hof verskyn in verband met die R103 miljoen wat van Absa gesteel is.
Gedagte vir die dag: Geloofwaardigheid, sekerheid, vasgeanker
“Hierdie hoop besit ons as ʼn veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.” (Hebreërs 6:19 – AFR83)