Meneer sê tereg dat rassisme ʼn groot deel van die daaglikse Suid-Afrikaanse ervaring is, maar meneer verwys net na een rigting van rassisme en dit is ʼn afskuwelike fout.
Alles vir Woensdag 25 Mei 2022
Man gestraf wat diere in wildtuin probeer stroop
Sam Khoza (47) en sy twee makkers se planne is in die wiele gery nadat ʼn wildbewaarder hulle in die Krugerwildtuin betrap het.
Protespoësie op Jeugdag bekyk
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument bied vanjaar ter viering van Jeugdag ʼn gratis slypskool oor Afrikaanse protespoësie aan.
Pre-1994- militêre veterane van voordele weerhou
In hierdie stadium is daar klaarblyklik ’n opvatting dat lede wat voor 1994 gedien het, nie kwalifiseer as militêre veterane nie. Dit is onwaar.
Manjifieke Miller!
David Miller het drie sesse vanaf die laaste boulbeurt geslaan om Gujarat Titans se plek in die eindstryd van die Indiese Premierliga te verseker.
Mike Schüssler se afsterwe ‘reuseverlies vir SA’
Mike Schüssler was nie net ʼn briljante ekonoom nie, maar het ʼn hart vir mense gehad soos bewys deur sy diep kommer oor die groeiende endemiese armoede in Suid-Afrika.
Clover-moordsaak: Nog ʼn verdagte vas; borgtogaansoek aangehoor
Die borgtogaansoek van Lesiba Mantsi, die derde beskuldigde in die Clover-saak, sal na verwagting Woensdag begin.
Ses dood in N1-botsing
Ses mense is dood en talle ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die N1 tussen Mokopane en Mookgophong in Limpopo.
Tshwane-metro dien strafregtelike klagte teen EFF in
“Die klag wat by die MRK ingedien sal word, omvat vermeende dreigemente van die EFF se nasionale leier, Julius Malema, om die Tshwane-metro ‘onregeerbaar’ te maak.”
Oom skiet kleuter glo dood ná familietwis
Volgens die familie het Andrew Huber-Young ’n vuurwapen in die huis uitgepluk en begin skiet nadat sy pa hom uit die huis geskop het.
ANC se voorstelle oor landbou ‘dra nie by tot bedryf’
Verskeie maniere om grondhervorming en transformasie – albei omstrede kwessies in Suid-Afrika – te versnel, word in die ANC se besprekingsdokument uitgestippel.
21 dood ná tiener by skool losbrand
Dit is die dodelikste Amerikaanse skoolskietery in die afgelope jare.
Gedagte vir die dag: Here, ons Here
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam … (Psalm 8:2)