Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn aanlyn oggendwerkswinkel aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf. Dit sal regstreeks aanlyn aangebied word deur Dr. Thalyta Swanepoel. Deelnemers sal toegerus word met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf, wat nuusredakteurs se aandag sal trek en nie in hul snippermandjies sal beland nie.
Alles vir Donderdag 8 September 2022
Tiafoe klink ook Rublev se doppie
“Skaars 24 uur vantevore het ek die grootste oorwinning van my loopbaan gevier en kyk nou weer!”
Man veilig ná roeiplank in see omslaan
Die 69-jarige man was langer as ʼn uur in die see rondgegooi voordat hy eindelik op die rotse naby Groot-Paternoster-strand uitgespoel het.
Luister: Anderkant die KABV
In hierdie insiggewende aflewering gesels dr. Celia Booyse oor die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum, hoe dit ontstaan het en hoe die professionele rol van die onderwyser daardeur drasties afgeskaal is – tot nadeel van ons kinders se opvoeding.
Vrystaat vier die kunste
Die Vrystaat Kunstefees is deesdae een van die belangrikste kunstefeeste op die Afrika-vasteland en bied ’n groot verskeidenheid nasionale en internasionale produksies en projekte aan.
Vrou tronk toe vir miljoene se bedrog
Linda Labuschagne het jare lank fondse wanbestee by die belastingkonsultasiefirmas waar sy gewerk het.
Munisipaliteit op terme geplaas oor riool in drinkwater
Sommige inwoners van die dorp het na bewering al geruime tyd maagprobleme, wat moontlik met die besoedelde water verband kan hou.
‘Strenger finansiële beheer’ vir Tembisa-hospitaal nodig
Die ewekansige oudit is verlede jaar in dieselfde maand gedoen as Babita Deokaran, die departement se voormalige waarnemende finansiële hoof, se skielike dood.
Gedagte vir die dag: Jesus verwonder Hom
Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom oor die man verwonder. Hy draai toe om na die skare wat Hom volg, en sê: “Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek nie só ’n geloof teëgekom nie!” (Lukas 7:9)