Tot een uit elke vier matrieks is damprokers, het ʼn nuwe studie van die Universiteit van Kaapstad bevind, met leerders wat aandui hulle damprook hoofsaaklik om stres en angstigheid te hanteer.
Alles vir Dinsdag 15 November 2022
Luister: Son skyn weer vir Tarryn Lamb ná donker tyd
“Ek het begin dink die Here het ander planne met my. Dit was ʼn tyd van baie introspeksie en om weer te onthou wat musiek vir my beteken.”
Begraafplaas verdwyn in sinkgat
“Die situasie veroorsaak innige pyn en lyding vir gemeenskappe wie se geliefdes hier begrawe is.”
Malema wil dié boek van rakke verwyder
Malema eis ’n verskoning van NB-Uitgewers, sowel as die skrywer Jacques Pauw.
Resep: Kondensmelk-en-anysbeskuit
Maak jou vakansie-beskuitblik vol met hierdie tradisionele beskuit.
Max en Sergio sorg vir renbaansepie
“Dink net – die wêreldkampioen wat vir sy spanmaat opsy staan sodat hy ʼn beter kans het om tweede op die punteleer te eindig. Het Red Bull dinge vooraf bespreek soos wat Max aangevoer het?”
‘Planttyd loop uit’ weens te veel reën
Vrystaatse boere kon tot dusver bitter min plant en dit wat reeds geplant is, versuip nou.
Departement soek meer tyd oor plasingsherrie
Die SAOU sê hy is reeds gereed om met regstappe voort te gaan indien die departement nie bereid is om ʼn onderneming te gee dat die boeliery van skoolhoofde gestaak word nie.
Agtjarige sterf toe voertuie bots
Die kind het enkele meters van die motorwrakke gelê.
‘Bela-wet weerspreek Grondwet’
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) meen vyf beplande wysigings aan die Skolewet voldoen nie aan die bepalings van die Grondwet nie.
Pasop vir tuisaflewerings
ʼn Wegneemete wat voor jou hek afgelewer word, kan ook ʼn gulde geleentheid vir misdadigers wees om te roof.
Kolflys lyk broos vir Aussie-toer
In 2008 kon die Proteas met die kolftalent van Graeme Smith, Hashim Amla, Jacques Kallis en AB de Villiers in Australië spog. Die jongste Suid-Afrikaanse kolfgroep boesem nie noodwendig dieselfde vrees in nie.
Mensdom nou 8 miljard sterk
Kenners meen dit is nie die aantal mense wat ʼn bedreiging vir die Aarde inhou nie, maar die keuses wat mense maak.
String oorwinnings in tussenverkiesings dui op groot DA-steun
Terwyl baie mense die 2016 plaaslike regeringsverkiesing as die DA se hoogtepunt beskou, oortref die party nou sy 2016-steunvlakke in wyke regoor die land.
Video: Rotte rock saam
“As ʼn ingenieur stel ek ook belang in die gebruik van musiek vir ʼn gelukkige lewe.”
Kyk, ’n jagluiperd op die N2
“Dit is nie ’n alledaagse verskynsel om ’n jagluiperd in ’n bakkie te sien nie.”
Boekresensie: So lyk ’n vrou – My 40 jaar van hel saam met ’n narsis
“Dit is hierdie sonderlinge vermoë van inkyk en terugkyk wat hierdie verhaal so geslaag maak om as waarskuwing (en aanmoediging) te dien vir vroue wat hulle in soortgelyke situasies bevind.”
Ontvoerde kind teruggevind
Die polisie is al sedert 4 November op soek na die agtjarige meisie wat vermoedelik uit Rylands in Kaapstad ontvoer is.
Die Voortrekkers het Suid-Afrika al twee keer verower
Die simboliese Ossewatrek van 1938 was ʼn oomblik van groot belang vir die Afrikaner se kulturele bewuswording.
Niks Grieks vir Novak in Turyn
Novak Djokovic het in sy eerste wedstryd van die ATP-eindtoernooi in Italië korte mette met Stefanos Tsitsipas gemaak.