Sal jy een van dié haarbykomstighede dra?
Alles vir Vrydag 2 Februarie 2024
Luister: ‘Wees self gelukkig voor jy liefde soek,’ sê Brendan
“Jy kan nie verwag dat jou vrou of man jou gelukkig moet maak nie, jy moet eers daardie geluk in jouself vind.”
‘Lasbeperking’ in Goudstad ‘werk goed’
Die inisiatief stel bereidwillige kliënte (met slim meters) in staat om tydens beurtkrag steeds sommige van hul elektriese toestelle te gebruik.
Kommer oor erdvarkjag in Vrystaat
“Ek vind dit uiters kommerwekkend dat hierdie diere voortdurend gejag word. Dit is die derde voorval in een maand.”
Resensie: ‘Nagmerrie-ontvoering’ bekyk in spannende dokkie-reeks
Dit is waar wat hulle sê. Die waarheid is vreemder as fiksie.
Wiele2Wiele gesels oor jongste motornuus
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor die sewende “Stand van die motorbedryf” (Somi)-geleentheid, hulle gly oor die pad met Mercedes-Benz se C220D, het gaan kuier by get\Worth en vertel jou meer oor motorfiets- en motorvervaardigers wat saamwerk.
Humanitarisme as ʼn verskoning vir kolonialisme en imperialisme
Net soos die tradisionele imperialiste aanvaar het dat die inwoners van die kolonies te “agterlik” is om tot verligte selfregering in staat te wees, aanvaar moderne internasionaliste en progressiewes dat die ou koloniale metropole steeds as handhawers van menseregte regoor die wêreld moet dien.
Wat sit agter die aanvalle in die Rooisee?
Die Houthi se aanvalle dien ook ʼn politieke doel, naamlik om aandag te trek in die Arabies-Islamitiese wêreld en om hulle eie bevolking agter hulle te verenig.
Kolwers slaan 32 sesse op SuperSportpark
Kyle Verreynne, Ryan Rickelton, Dewald Brevis en Kieron Pollard het almal tot die sesslaanpret in die SA20-kragmeting tussen die Pretoria Capitals en MI Cape Town bygedra.
Aanlyn werkswinkel kan help om jou onderneming in die nuus te kry
Is jou bemarkingsbegroting beperk? Wil jy meer mediablootstelling vir jou kliënte, besigheid, organisasie of projek gee? Is jy onseker oor hoe jy met joernaliste kan skakel om jou besigheid in die nuus te kry? Dan is Skryfnet se aanlyn oggendwerkswinkel, Skryf ’n mediaverklaring, jou antwoord.
Metro wíl saamwerk, sê Brink na slaggat-onderonsie
Volgens Brink is die ironie van die saak dat die Tshwane-metro se burgemeesterskomitee twee weke gelede ʼn samewerkingsooreenkoms met AfriForum goedgekeur het.
Skattige ‘tandjieshond’ steel harte; soek nog vir-altyd-huis
“As daar ooit met jou gespot is, of as daar vir jou gelag is as kind, sal jy weet hoe ek voel…,” lui die plasing op Facebook. “Ek lyk ʼn bietjie anders, maar ek is so gebore, met my ‘toofies’ en al.”
Leerder sterf toe hy onder bus beland
Intussen word ʼn saak van strafbare manslag deur die polisie in die Oos-Kaap ondersoek nadat ʼn taxi wat skoolkinders vervoer het Donderdagmiddag deur ʼn goederetrein in die Addo-omgewing getref is.
Beskuldigde in Marshalltown-brand laat vaar borgtogaansoek
Die man wat van 76 moorde aangekla word ná verlede jaar se brand in Marshalltown in Johannesburg, het Donderdag sy borgtogaansoek laat vaar.
Lauren Dickason nou eers later gevonnis
ʼn Voorlopige datum van 2 Februarie is einde verlede jaar aan Dickason se saak in die hooggeregshof in Christchurch toegewys nadat haar aanvanklike vonnisdatum van 19 Desember ook uitgestel is.
Gedagte vir die dag: Tree wys op in ʼn ongelowige omgewing
“Gehoorsaam die voorskrifte en lewe daarvolgens, want daaraan sal die ander volke sien dat julle wysheid en insig het” (Deuteronomium 4:6).