Die appèlhof in Bloemfontein sal vandag hoor hoekom die staat meen Oscar Pistorius moet ʼn langer vonnis opgelê word.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
ToekomsVenster: Dis nie ek nie
Vader God, ek bely vandag dat ek ook baiekeer ander mense blameer vir dinge wat ekself ook doen. Vergewe my dat ek mense oordeel voordat ek hulle stories ken.
Matrikulante ‘geniet’ eerste Afrikaanse vraestel
Hoewel die vraestel beslis nie noodwendig maklik was nie, behoort die leerders wat bereid was om deur die jare hard in Afrikaans te werk en die belangrikheid van die taal insien, baie goed te vaar.
ToekomsVenster: Vannag sal ek weer kan slaap
Hoor my gebed vir almal wat ʼn geliefde verloor het as gevolg van geweld, haat en woede. Genees ons land, o Heer.
Gronddebat: Nou is daar feite op die tafel
Voorheen benadeeldes besit nou 26,7% van al die landbougrond in Suid-Afrika. Dit is beduidend meer as die 14,9% van landbougrond wat in 1994 in voorheen benadeeldes se besit was.
ToekomsVenster: Jesus se trane – en ons s’n
O liewe Here, help my om met U oë na ons land en sy mense te kyk, om die nood om my raak te sien soos U dit sien. Maak U trane ook my trane!
Voortbestaan van Afrikaner-kultuurorganisasies bespreek
“Vanuit Namibië kan ek vir julle sê daar is hoop, ʼn roepingsbewustheid, visie en talle jong mense wat by die toekoms van Afrikaners betrokke is.”
ToekomsVenster: Deurgrond my o God en ken my hart
O Here, ek het U met my hele hart lief. Maak U woning in my hart.
‘Meetkunde makliker; moeiliker vrae in trig’
“Gewoonlik is meetkunde die afdeling waaraan leerders meer tyd moet bestee, maar dit lyk of daar die keer meer moeiliker vrae in die afdeling vir trigonometrie en analitiese meetkunde was.”
ToekomsVenster: Stukkende kerke
Help ons om ons liefdeloosheid en vooroordele eenkant toe te skuif; om mekaar in liefde te omhels.
‘Wiskunde-vraestel makliker as rekordeksamen’
“Ek reken die vraestel het genoeg uitdagings vir die leerders gebied wat gewoonlik 90% in die vak behaal, terwyl daar steeds vrae was wat leerders sou kon beantwoord wat dalk nie so sterk is in die vak nie.”
Ouers sit met talle vrae nou dat pakslae onwettig is
Kenners verduidelik die maatskaplike en wetlike aspekte rondom die hofuitspraak dat ouers wat hul kinders pakslae gegee voortaan soos misdadigers vir aanranding verhoor sal word.
ToekomsVenster: ʼn Stukkende wêreld
O Here, vergewe ons dat ons sulke swak bestuurders van die skepping is. Vergewe ons dat ons mors en die skepping opgebruik!
NWU bly ʼn voorstander vir veeltaligheid
“Ons is beslis nie een van die universiteite wat tans voorstel dat ʼn enkele taal as onderrigmedium gebruik word nie. Daar is talle dinge wat intern en in die klaskamers gebeur om te verseker al drie tale word gebruik.”
Mini-begroting: ‘Meer belasting SA se voorland’
“Ek dink nie mense besef in presies hoeveel moeilikheid hierdie land is nie,” het die ekonoom Dawie Roodt gesê. Lees sy en ander ekonome se reaksie op die mini-begroting hier:
ToekomsVenster: Stukkende gesinne
O Here, ons bid vir die huisgesinne in ons land, vir die pa’s en die ma’s, die oupas en die oumas, al die kinders. Ons bid veral vir dié wat baie swaarkry, vir die duisende grootmense en kinders wat aan geweld blootgestel word. Maak ons stukkende gesinne weer heel!
Mini-begroting: AfriSake waarsku teen belastingverhoging
“Daar is ’n beperking op die hoeveelheid inkomste wat die regering uit die produktiewe sektore van die ekonomie kan tap. ’n Beduidende afname in die grootte van die staat is verkieslik bó meer vernietigende belasting.”
ToekomsVenster: Gierigheid – die wortel van alle kwaad
O Here, ek is net so skuldig! Vergewe my en bevry my van hierdie verskriklike versoeking van gierigheid en afguns, van liefde vir geld. Bevry ons land van Mammon en sy houvas op ons gemeenskappe.
ToekomsVenster: Geweld en bloedvergieting
As ons glo dat Jesus die Vors van vrede is, moet ons in ons land ’n duidelike “Nee!” laat hoor teenoor geweld.
Agri SA se jongboer van die jaar het hart vir landbou en onderwys
Strauss is voorsitter van sy plaaslike boerevereniging en lid van Graan SA, asook die Vaalharts-Distrikslandbou-unie. Hy boer al 18 jaar op Vaalharts en is aktief betrokke by gemeenskapsprojekte.