Met openbare ontevredenheid oor die petrolprys wat toeneem, het die kabinet vanoggend al wat leef en beef vir die situasie geblameer, maar geweier om hul eie bydrae tot die probleem te erken.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
ANC verloor steun in plattelandse tussenverkiesings
Die ANC het steun ingeboet in die mees onlangse tussenverkiesings, wat in Bosbokrand in Mpumalanga en naby Lady Frere in die Oos-Kaap plaasgevind het.
Drakoniese wetgewing oor staatsgeboue op pad
Die wetsontwerp lê enorme strawwe – met boetes van tot R10 miljoen – op vir oortredings van die wetgewing, en verklaar as oorgangsmaatreël alle huidige nasionale sleutelpunte vir die volgende vyf jaar tot kritieke infrastruktuur.
Polisie se klagte-waghond losgemaak van regering
‘n Verdere ooreenkoms tussen die voorgestelde nuwe Opod-wetgewing en die art. 9-instellings is dat die hoof van Opod deur die parlement aangestel en gemonitor sal word, wat die rol van die minister van polisie grootliks sal wegneem.
Nog ’n Wes-Kaapse terugslag vir die DA
Die slegte nuus wil net nie ophou inrol vir die Wes-Kaapse DA nie.
Pogings begin om De Lille-debakel te beredder
Pogings het agter die skerms begin om die tweespalt tussen sommige DA-leiers en die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, op te los, maar in hierdie stadium lyk dit of dit baie moeilik gaan wees om sukses daarmee te behaal.
DA se premierskandidate bekend
Meer as 30 DA-lede het hulself verkiesbaar gestel om volgende jaar hul party se provinsiale premierskandidate te wees.
DA vuur verdere kartetse af op De Lille
Die ondervoorsitter van die DA se federale raad, Natasha Mazzone, het die volgende kartets in die omstredenheid om die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, en dis ʼn sterk bewoorde aanval.
De Lille kap terug in vuil Kaapse politieke geveg
Die Kaapse burgemeester het in ‘n snydende ope brief haar sterkste opponent in die DA, Natasha Mazzone, die stryd aangesê.
DA se Patricia-hoofpyn vererger
Die DA se Kaapse kopseer het in ’n migraine verander noudat ’n volbank van die Kaapse hooggeregshof in Patricia de Lille se guns bevind het oor die pogings om haar uit die DA en die Kaapse burgemeesterskap te skop.
Lesse uit die eerste twee dae se grondverhore
Wat uit die eerste twee openbare verhore duidelik geblyk het, is dat elkeen hul pond vleis wil hê, dat min mense by die openbare verhore hul emosies gaan probeer beteuel en dat die EFF steeds die meester van opsweping en konflik bly.
Wetgewing ingedien om eiendomsagente te transformeer
Eiendomspraktisynsinspekteurs sal ook, volgens die konsepbepalings in die wetsontwerp, die reg hê om eiendomsagente se magtigingsdokumentasie aan te vra en daarop beslag te lê – sonder ‘n lasbrief.
DA stel sy alternatief tot grondhervorming bekend
Anders as die ANC en die EFF meen die DA dat die Grondwet meer as genoeg ruimte laat om grondhervorming sinvol uit te voer in landelike en stedelike gebiede.
Stotterende begin vir SA se nuwe uitsaaiplanne
Die minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, se veelbewoë planne vir ’n nuwe uitsaaibedeling het vanoggend ’n bra stotterende begin beleef toe sy dit by ’n mediakonferensie bekend gestel het.
Finansiering van politieke partye: Die skadukant
Suid-Afrika is besig om een van die mees deursigtige politieke finansieringstelsels in die wêreld te vestig en positiewe kommentaar stroom van oral in, maar daar is ook ’n skadukant aan die voorgestelde nuwe bedeling.
Hier is VF Plus se nuwe beleidsraamwerk vir 2019-verkiesing
Die dokument, waartoe Maroela Media toegang gehad het, plaas die party se verbintenis tot die wettige verkryging van ʼn Afrikaner-staat binne die konteks van ʼn snel veranderende wêreld en staatsbestel.
Mabuza moet vertel oor Russiese reis
Die poppe kan vanmiddag dans in die parlement se Nasionale Raad van Provinsies wanneer adj.pres. David Mabuza moet vrae antwoord.
Planne om SA burgers in buiteland makliker te laat stem
Konsepwetgewing is by die parlement ingedien om dit makliker te maak vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon om in Suid-Afrikaanse verkiesings te stem.
ANC-LP doodgeskiet
’n Parlementslid van die ANC is in Roodepoort aan die Wes-Rand doodgeskiet.
Onteiening: Plekke en datums vir openbare verhore bekend
Die openbare verhore sal op verskeie plekke in elk van die nege provinsies plaasvind, en min dele van die land word nie gedek nie.