Krejcir-saak uitgestel

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir en Desai Lupondo het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn, maar die hofverrigtinge het in camera plaasgevind.

“Die saak is vir sekuriteitsdoeleindes in camera gehou kragtens artikel 153 van die Strafproseswet,” het Phindi Louw, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê. Louw wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Sy wou nie kommentaar lewer of ʼn spesifieke dreigement ontvang is nie.

Die mans het glo net vlugtig in die hof verskyn en die saak is na volgende Maandag uitgestel vir verdere ondersoek.

Louw kon nie sê watter klagtes Krejcir en Lupondo in die gesig staar nie, aangesien dit “nie formeel in die hof voorgehou is nie”.

Daar is vroeër berig dat hulle klagtes van ontvoering en aanranding, of alternatiewelik ʼn aanklag van poging tot moord, in die gesig staar. Die klagtes hou verband met ʼn voorval in Junie.

Die Johannesburgse hooggeregshof het vroeër bepaal dat Krejcir uit aanhouding na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word nadat hy glo deur polisiebeamptes aangerand is ná sy inhegtenisneming. Krejcir se dokter het gesê hy kan moontlik nierversaking opdoen indien hy nie mediese behandeling ontvang nie.

Die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) sal Krejcir se bewerings van aanranding ondersoek.

Lees ook:
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Hu Uh, hy gaan laaaaaaaaaaaaaaank siek speel, hy ken al die “ropes”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.