Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg – maar hy’s die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het.
Boek: Boudebiljoenêr
Ontmoet Joe Spud, die wêreld se rykste twaalfjarige. Joe het alles wat sy hart kan begeer, maar daar’s een ding wat hy regtig nodig het…
Boek: Asterix by die Olimpiese Spele
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag.
Boek: Broedertwis
Meer as ‘n honderd jaar ná die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner wat die wapen teen sy eie mense opgeneem het.
Boek: Fantastiese mnr. Vos
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been.
Boek: Die GSR
Stel jou voor dat jy binnekort vir ontbyt geëet kan word, soos ’n reep spek in ’n vuurwarm braaipan met sissende vet gegooi kan word. Dit is presies wat Sophie vrees toe sy in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra word deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore.
Boek: Charlie en die groot glashyser
In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim!
Boek: Charlie en die sjokoladefabriek
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem.
Dié tiener skryf al van kleins af
Karmen se liefde vir boeke en skryf het reeds op ʼn vroeë ouderdom begin en sy meen haar ma het dié liefde by haar gekweek.
Boek: Die Twakke
Mnr. Twak is ’n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is ’n aaklige ou heks met ’n glasoog.
Boek: Matilda
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genoem. Maar sy is eintlik ‘n genie en dis hulle wat onnosel is.
Boek: Marius se merkwaardige medisyne
Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis – die soort onheilige planne wat net in ‘n Roald Dahl-storie kan uitbroei.
Boek: James en die reuseperske
Eendag ontmoet hy ‘n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom ‘n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee – en so begin die avontuur van sy drome.
Boekwurm-app: Verslind treffers in 15 minute
Sou jy ʼn verkorte weergawe van jou gunstelingboek wil lees? ‘n Nuwe app, Joosr, gee vir gebruikers toegang tot boeke wat in net 20 minute gelees kan word.
Voortrekkers kook, want hulle kán kook
Voortrekkers Kook sal begin Augustus beskikbaar wees en vier 85 jaar se koskultuur met resepte wat uit ervare kampkokke se kookboeke versamel is.
Media24 Boeke wys literêre pryse vir 2016 aan
Media24 Boeke se literêre pryswenners vir 2016 is Woensdagaand in Kaapstad aangekondig. Meer as 50 boeke wat in 2015 by uitgewerye in die Media24-stal verskyn het, is ingeskryf vir dié pryse met ’n gesamentlike prysgeld van meer as R200 000.
‘Die koms van die biblioteekbus’: Keina se onthou-stories
Haar stories raak jou hart, want haar stories klink en voel ʼn bietjie soos jou eie.
Boek: Die groot drie – ‘n eeu van spotprente in Die Burger
In die eerste honderd jaar van Die Burger se bestaan het net drie kunstenaars, D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton, diens gedoen as spotprenttekenaars. François Verster bied in dié boek ‘n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat hulle gelewer het.
Boek: Waar die oog van stil word
Waar die oog van stil word is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels.
Boek: Lafras Cuyper in die Britse lokval
Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat ʼn heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep …