In Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament bespreek Jan van der Watt en Francois Tolmie die hoofmomente van die Nuwe Testament een vir een; op só ’n manier dat ’n leser ontdek wat die Nuwe Testament vandag vir gelowiges te sê het.
Boek: Plons
Plons is ’n heerlik humoristiese storie vir lesers van 9-12 jaar oud.
Boek: Afrdraaipad
Afdraaipad is ’n verhaal oor verkeerde besluite en pynlike gevolge. Van opstaan en oor begin. Is daar hoop as jy jou rug op God gedraai het? Lize se reis is een wat jou sal bybly.
Boek: Die Coolste Ouma Op Aarde
Ontmoet ’n paar moderne, ongewone en fantastiese oumas in hierdie prettige nuwe prenteboek uit die pen van Marita van der Vyver!
Boek: Wie is ek?
Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.
Boek: Die ontwaking
“Die ontwaking” is ’n spesiale uitgawe van die filmweergawe van Karsten se “Abel se ontwaking” met Gys de Villiers, Juanita de Villiers en Paul Eilers in die rolverdeling. Nóg ‘n uitstekende spanningsverhaal uit Chris Karsten se pen.
Boek: Ewebeeld
Ewebeeld is geskryf vir mense wat Siende blind en Raaiselspieël geniet het en daar is geen twyfel dat “gewone” lesers weer hierdie boeke gaan opraap nie.
Boek: ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel- vir kinders
Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer.
Boek: Goedheid en Guns
Die radio- en televisiepersoonlikheid en motiveringspreker Jenna-Leigh February vertel eerlik en openhartig haar lewensverhaal van swaarkry en seer en hoe sy dit in sukses omskep het.
Boek: Hoor die hartklop van God
Wat ’n wonderlike voorreg is dit nie om elke dag die Woord van God te hoor nie! Hoor die hartklop van God deur die gewilde Andries Enslin is ’n samestelling oordenkings sodat lesers elke dag ’n boodskap van God kan hoor.
Boek: Bennie Boekwurm vertel lekker stories
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond daar in die Wielie Walie-parkie. In sy tonnelhuisie is daar rakke en rakke vol storieboeke. Sy naam is nie verniet Bennie Boekwurm nie. Bennie hou baie daarvan om stories vir kinders te lees. Hy wag nou juis vir hulle om hom te roep…
Boek: Tannie Poppie kook
Bederf iemand spesiaal gerus met dié wonderlike kookboek van Tannie Poppie.
Boek: Kruispad
Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika.
Boek: In die ligkring van sy teenwoordigheid
Spontane gesprek met God ontspring dikwels uit benoudheid of krisis. Waarom beweeg ons op hierdie manier nader aan God slegs wanneer ons Hom nodig het? Hoekom deel ons nie ook ons vreugdes en jubeling so spontaan met ons Hemelvader nie?
Boek: Veels geluk liewe maatjie 2
Veel geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjiekoeke in wat maklik met botterversiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer ‘n verjaarsdagkoek self wil bak.
Boek: Ensiklopedie van kennis
Hierdie allesomvattende ensiklopedie bied ’n splinternuwe benadering tot naslaan-werk vir die hele gesin. Dit is in samewerking met die gesaghebbende Smithsonian-instituut geskep, en danksy die heel nuutste 3D-grafika-tegnologie verken dit die wonders van die wêreld in ongeëwenaarde detail.
Boek: Die Goorgomgaai (15de verjaarsdaguitgawe)
Vier vyftien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe van “Die Goorgomgaai”,
Boek: 150 stories deur Nataniël
Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale Kersgeskenk!
Resensie: Inboekeling: lekkerleesstorie én stof tot nadenke
Hans du Plessis se jongste roman, Inboekeling, is ‘n lekkerleesstorie én bied stof tot nadenke, skryf Susan Lombaard.
Boek: My soek-en-vind-Bybel
In My soek-en-vind-Bybel sal kinders hulle gunsteling Bybelstories beleef in ’n wêreld van kleur en detail deur fantastiese, helder kunswerk.