Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Boek van die maand: ‘Die troebel tyd’ deur Ingrid Winterbach
Moenie troebel met donker verwar nie. Die manier waarop Winterbach ironie hanteer in Die troebel tyd maak die leeservaring allermins ʼn somber affêre. Die boek is heerlik aweregs, polities onkorrek, sinies snaaks en boonop meesleurend.
Boek: Doodsbleek
Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek ʼn ryk weduwee, en die ander, homself.
Boek: Jamie en Sebastiaan-omnibus
Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat.
Boek: ʼn Kas vol monsters-omnibus
Denver se kas is ʼn geheime ingang na ʼn kasteel vol monsters – en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde ‘ʼn Kas vol monsters’-boeke!
Boek: Asterix en die waarsêer
Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ʼn waarsêer is en voorspel dat mooiweer sal volg ná die woeste storm – en dit gebeur ook so!
Boek: Asterix in Korsika
Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika.
Boek: Melk en vleis/Bloed en bodem
Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.
Foto’s: Omvattende boek oor Eerste Vryheidsoorlog bekendgestel
Praat jy van die Eerste Vryheidsoorlog dink mense dadelik aan die legendariese Slag van Majuba. Min mense besef egter die veldslag van Laingsnek was eintlik die belangrikste gebeurtenis in dié oorlog waar Boer en Brit slaags geraak het. Die historikus dr. Jackie Grobler meen dit is hier waar die Boere die Britte gestuit en onder druk geplaas het.
Boek: Die skandalige susters Smit
Toe hulle aankondig dat hulle ʼn maand lank oorsee gaan, is dit vanselfsprekend dat Sara nie saamgaan nie. Sy moet by haar drie tannies, haar pa se susters, in die stad gaan bly.
Boekresensie: Maak jou eie video’s met ‘Video-idees’
Video-idees is stampvol inligting wat die video-entoesias sal inspireer om fantastiese videoprojekte aan te pak en deur te voer. Kinders (nege jaar en ouer) sal die tegnieke vir beligting, kamerahoeke, klankeffekte en bewegende kameraskote leersaam en prakties vind.
Boek: Stiltetyd
Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander.
Boek: Wanneer water wyn word
Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk dinge hoe sleg.
Boek: Die verevrou
Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek.
Afrikaanse vrou, tydskrifwese kom in ‘Gedenkboek’ onder loep
Die Boerevrou is van Maart 1919 tot Desember 1931 in Pretoria onder die redakteurskap van die eienares, Mabel Malherbe, uitgegee. Dié tydskrif was die voorloper van die bekende Sarie en was besonder gewild onder lesers.
Boekresensie: Briljant! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes
Jong wetenskaplikes sal absoluut mal wees oor hierdie fantastiese boek propvol asemrowende feite, ongelooflike buitelugeksperimente en opwindende projekte.
Boek: Koshuis
Skink ʼn koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!
Boek: My eie klein belofte-Bybel
Dave Strehler help kinders tussen ses en tien jaar om God se wonderlike beloftes te ontdek en te verstaan dat Hy altyd sy woord hou.
Boek: 1000 nuttige woorde
Hierdie boek is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.
Boek: Sanri Steyn Omnibus 1 en 2
O, gonna. Sanri Steyn se neus jeuk en dit beteken … hier kom ʼn storie!