Die wyse waarop Jeanette Ferreira die magdom navorsing wat sy gedoen het verwerk het tot ’n afgeronde en volwaardige verhaal, is prysenswaardig. Dit verg ’n besondere taalkundig bedrewe skrywer om die taal, wat vir eietydse lesers verouderd mag voorkom, só te laat sing.
Boek: Ruk-en-rol rugby
Rico is ʼn danser. Hy is so maer soos spaghetti en so lig soos ʼn muggie, maar sy droom is om rugby te speel!
Boek: Nimmermeer
ʼn Asemrowende en bekoorlike nuwe reeks oor ʼn vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in ʼn toweragtige nuwe wêreld bevind.
Skryfterapie vir gebrokenes
“Skrýf oor jou verlies, jou trauma, jou angs, jou woede, jou hartseer. Uiteindelik dalk selfs jou vreugde.”
Boek: André P. Brink en die spel van liefde
In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer.
Boek: P.G. du Plessis: Hy was ʼn rukkie pagter hier
Die essays in hierdie bundel belig verskillende kante van sy menslikheid, en sy veelsydige kunstenaarskap.
Boek: Cul-de-sac
Hierdie boek fokus op die skrywer se latere jare, in ʼn aftreeoord in Kaapstad, maar haar belewenis word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan verder terug, alles geteken in besondere detail en woordvaardigheid.
Boek: Kom sit aan
Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God.
Boek van die maand: Die dao van Daan van der Walt
Hoe het ʼn mens alles wat jy beleef het nietemin oorleef, is die vraag wat bly huiwer nadat jy die boek klaar gelees het.
Boekresensie: ‘ʼn Stukkie van die legkaart’ deur dr. Rina Venter
As jy belangstel in die politiek of as die land se maatskaplike kwessies jou na aan die hart lê, behoort Venter se boek hoog op jou moet-lees-lysie te wees.
Vyf boeke geskryf deur mans
Van hartroerende gedigte na dramatiese romans, van spitsvondige essays tot moderne wetenskapsfiksie – mans skryf die Afrikaanse leeswêreld aan die brand.
Boek: Hekel en word heel
Hekel ʼn pad na genesing. Die boek bevat 21 verhale met 21 gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk.
Boek: Vywervrou trilogie 1: Lira
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Boek: Die avonture van Kuifie – Bestemming maan
Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem.
Pryse toegeken vir kinderboekkoning
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het Jaco Jacobs vanjaar vir sy skryfwerk beloon.
Boekresensie: Stiltetyd vir die jongspan
Dit kan nogal ’n uitdaging wees om in vandag se tyd die gewoonte by jou kind te kweek om stiltetyd te hou. Dave Strehler se My Eie Klein Belofte-Bybel en My Eie Klein Gebede-Boek is spesiaal geskryf om kinders tussen ses en tien jaar oud te help om sinvol tot God te nader.
Boek van die maand: ‘Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey’
Die woordegevoeligheid en poëtiese inslag wat ʼn mens sou kon vermoed, is ruimskoots daar. Dis ʼn boek wat jou op verbeeldingsvlugte neem. Vasklou moet jy, want dié Pegasus is uitbundig.
Boek: 101 Spookgrappe
“Waar boer spoke? In begraafplase. Wat eet vegetariese vampiere? Nek-tariens en bloedlemoene.” Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders deur Jaco Jacobs.
Boek: Zinzi en Saffraan-reeks
Zinzi is die speurder en wetenskaplike. In haar avonture word sy bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan.
Boekresensie: Maaltye – maklike geregte vir elke geleentheid
As jy nie baie tyd het om ure lank te staan en kook nie, maar tog verleidelike, gesonde en interessante geregte wil bedien, gaan hierdie boek jou sommer baie handig te pas kom.