Meer inligting oor die Rebelle-groep wat deel vorm van Maroela Media se Facebook-veldtog oor die Afrikaner-rebellie.
Boek: Maak vyf: 1 bestanddeel = 5 resepte
“Maak vyf” bevat eenvoudige en maklike resepte van bekende bestanddele wat elk op vyf verskillende maniere gebruik word. Die boek sal mense aanmoedig om gesonde geregte vir die hele gesin te maak.
WAT Woord van die Week: veteraan vs. rekruut
Die WAT Woord van die week is “veteraan” en daarteenoor “rekruut”
Boek: Eggo’s in die Skimberge
In die ravyn ontdek hulle die elfkoninkryk Loherin. Hier raak hulle betrokke by die soektog na die elfkoningin se twee kinders, wat jare gelede op onverklaarbare wyse verdwyn het… En dit is maar net die begin van ‘n reis wat Mattie en Henk se lewens handomkeer sal verander.
Uitdrukking: Die spit afbyt
Die uitdrukking “Die spit afbyt” het ‘n bloeddorstige herkoms!
Boek: Inboekeling
Hy word met ʼn riem op die werf aangesleep. ʼn Seun. ʼn Vreemdeling. Van balans af op sy lomp voete, die slaphandhoed diep tot op sy bakore getrek, rooi in die gesig van die riem om sy nek. Die mense wat hom staan en aangaap, is nie vreemdelinge gewoond nie.
Woord: knewel
Het jy geweet mens kan praat van ‘n knewel van ‘n kêrel, of dat hy jou met sy knewels kan platslaan? Boonop kan hy nog met ‘n knewel op sy bolip ook rondloop! Lees vandag se Taaltoffie vir meer.
Gedig: Potjiekos
Marius Titus se gedig, “Potjiekos”.
Boek: Lotta se lewe: Bendes, swape en skape
Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.
Boek: Die dag toe Louis deur ‘n Grop gegryp is
Die dag toe Louis deur ’n Grop gegryp en ingesluk is, het sy suster Louisa geweet sy moet vinnig iets doen om hom weer daar uit te kry. Maar om ’n seuntjie uit ’n Grop se maag te kry, is nie altyd so maklik nie, veral as daar ander vreemde gediertes soos ’n Grommelaar, ’n Gorrelama en ’n Growwerug Gasourus is wat ook lus is vir ’n lekker happie…
Boek: Siobhán van die sirkus
Siobhán verras (en skok) haar ouers toe sy besluit om die skoolvakansie by ’n sirkusskool aan te sluit “om net ’n slag iets anders in haar lewe te doen en te ervaar – en dalk help dit vir die dramaklasse wat sy ná matriek wil neem”.
Boek: Geloof anderkant Sondag
‘n Groeiende groep gelowiges voel vandag ontnugter en teleurgesteld deur die kerk. Hulle noem hulself steeds Christene, maar kan nie meer met die georganiseerde godsdiens en ‘n strenge kerklikheid identifiseer nie. In “Geloof anderkant Sondag” antwoord die teoloog Julian Müller op hul noodkreet. Hy probeer ‘n nuwe geloofstaal te ontwikkel wat ‘n geloofwaardige teologie vir vandag kan wees.
Uitdrukking: So waar as padda manel dra
Waarom sal ons sê “So waar as wat padda manel dra”? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind!
Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie
Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met liefdesverhaaluitgewers soos LAPA en NB, bied van 4 tot 6 September 2014 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.
WAT Woord van die week: struikrower
Die WAT Woord van die Week is “struikrower”. Lees gerus waar dié woord vandaan kom!
Video: Afrikaans is ‘n nasionale bate
Verteenwoordigers van verskeie tersiêre instellings het in Pretoria vergader om die status van Afrikaans as universiteitstaal te bespreek.
Woord: opslagsomer
‘n Opslagsomer in die middel van die winter is altyd welkom! Lees gerus waar dié woord, wat ongelukkig onbekend is aan die deursneespeker, vandaan kom.
Boek: Die helder dae
Danie Botha versamel hier sy kortverhale, rubrieke, artikels en gedigte waarin hy sulke dae in sy lewe so helder moontlik probeer oproep. Die helderheid ontstaan onder meer met die gebruik van erns, sensitiwiteit én humor.
Nuuskommentaar: Links, regs, links regs… vir Afrikaans
Die Hoër Onderwys Transformasienetwerk (HETN) het die Puk-studente wat gister ‘n optog gehou het om aan te dring op hul grondwetlike reg vir onderrig in Afrikaans, “regs” genoem. Die vakbond Solidariteit het sy steun aan die studente toegesê, terwyl die HETN Solidariteit, AfriForum en die AWB ook as regs beskryf het.
Boek: Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes
Helena Bester, Suid-Afrika se voorste kenner van ADHD, se leesbare en omvattende gids bevat die jongste inligting oor ADHD by kinders én volwassenes.